Dit is die aand voor ons groot roadtrip na die Oos-Kaap. Hopeluk is A1, A2 en A3 al klaar gepak. Wel sover ek weet is ek (A3) al klaar maar nou begin paranoia insak en wonder ek heeltyd of daar iets is wat vergeet word. Ek het 4 items wat gepak moet word maar weet sommer al A1 en A2 gaan verseker probleme hê met daardie hoeveelheid.... Verder, niks veel om al te vertel nie, hopeluk is daar teen môre aand die tyd baie stories om te vertel. Ek is seker dat A2 saam met sy conscience en court jester, albei figments van A2 se imagination natuurlik, 'n dag vol weird gebeure en interessante stories sal oplewer. Net tyd sal leer!! Tot môre aand!
Cool beans!
A3
No comments:
Post a Comment