Thursday, November 25, 2010

DAG 4

Die môre het begin deur pap te eet by die Oak Lodge in Grahamstown terwyl ons Speedracer gekyk het.  Ons het daarna gegaan vir 'n stappie deur die Rhodes University se gronde, let wel die eerste dag sonskyn vandat ons van Aliwal Noord af gery het.  Lyk my al die universiteite in die land is net oop vir almal behalwe Tukkies.  Maar natuurlik kan daar ook gesê word dat nie alle universiteite in die land 'n awesome plek soos Sunnyside het wat so te sê teen hom grens nie.  Rhodes se gronde is nogal baie mooi en hulle het ook nice ou geboue maar Tukkies bly cooler!!  Ek meen Rhodes se kleur is pers en hulle mascot 'n rot... Enough said.

Ons was toe onmiddelik uit na Hogsback om so veel moontlik daar gedoen te kry in die tyd wat ons het en het teen half twaalf hier aangekom.  Ons bly in Away with the Fairies Backpackers in "Lord of the Rings land".  Die kamer waarin ons bly se naam is Samwise's Rest (die irriterendste karakter in die storie...).  Ander kamers kan in gebly word soos Gimli's Rest, Legolas' Rest en Gandalfs' Rest... Ja hulle is heeltemal behep met Lord of the Rings hier in Hogsback, daar is selfs 'n Middle Earth Nursery... 

Away with the Fairies is weereens 'n awesome backpackers met baie nice geriewe, hulle het so dam tipe swembad wat bietjie septies lyk na al die reën wat hulle hier gekry het, 'n baie baie hoë tree house waarteen ons uitgeklim het vir sundowners en waarin ons gesit en swaai het saam met die boom in al die winde, baie hiking trails, 'n bad wat oor 'n huge afgrond of viewpoint oor uitkyk en 'n awesome bar/lounge area waar hulle die LEKKERSTE pizzas vir gaste maak. 

Ons het vanmiddag vir 'n hike gegaan na die "Big Tree" toe, dit het ons omtrent so 2.5 ure gevat boom toe en terug, deur die woude.  Dit was alles moist en slippery en A2 het vir hom 'n klein plasie gekoop...  Hy loop mos so vinnig sonder om te kyk waar hy trap!  Ons het die Big Tree bereik en toe weer terugegaan met dieselfde pad want al die ander paaie is toegemaak.  Daarna het ons besluit om te ry om na die watervalle te gaan kyk aangesien sonskyn min geraak het.  Ons kon toe ook net na die Madonna and Child Falls gaan kyk het want weereens was daar paadjies toegemaak.  Dit lyk my ook dat die vakansie doomed is want eers laat die weer dit nie toe dat ek in die see mag swem nie en dan mag ek ook nie in die waterval poele swem nie want jy kan nie daar uitkom nie want die paaie is toe.  Ek sal maar my swembroek aantrek en in die bad gaan sit sodat hy maar ten minste eenkeer nat kan word.  Daar is ongelukkig een ding in Hogsback wat die ervaring versuur.  Dit is honderde mense wat bedel en vir jou gekerfde hout varke wil verkoop.  Hulle is amper soos die seemeeue in Finding Nemo wat heeltyd "mine mine mine" skreeu vir al die visse, die mense skreeu net heeltyd "R2 R2 R2 I give you this pig..." Hulle hardloop sommer in die middel van die pad in as jy aangery kom en wys hulle varke vir jou, en nadat jy al vyf keer gesê het "nee" en "gaan weg" hou hulle aan! Donners irriterend!!!! Een het ons selfs huistoe gevolg, dis so RANDOM!!

Ons het die aand deurgebring in die lounge en bar van die backpackers waar ons van die awesome pizza geëet het, so yummy, en Hunters en Creme Soda gedrink het en Hangman gejol het.  Daarna moes ons in die donkerste donker woud nag na ons huisie toe gestap het met net my Maglite tussen die drie van ons, glo my dis so donker dat as die flits afgesit word kan jy nie eers die persoon wat langs jou staan effens sien nie.  Dit was nogal cool maar daar het 'n torgogga in my oor in gevlieg en toe skrik ek so bietjie.... :-D.  A2 het iemand raakgeloop in die backpackers wat hy ken van Alberton wat in dieselfde skool was, dit was effens random.

Ietsie snaaks om almal mee te los vanuit die Coast to Coast boekie:
What is the definition of a monkey bath?
A bath so hot that when lowering yourself in you go: 'Oooh oooh oooh ah ah ah!'

HAHAHA!!

Cool beans!!
A3

Captions by A2

Rhodes se Admin gebou

Padkoei!!! (op 'n blinde draai pas)
 (En ja ons kan sien dis nie 'n koei nie. Padkoei klink net beter)

Vannaand se "digs"

Bad met 'n view

Madonna And Child Falls

Uit die oogpunt van A1

Ek is vanoggend uit die kamer uit gejaag, so ek het die sonnige oggend by die tuin meubels spandeer. Dit was nie waarlik 'n straf nie. Ek moet sê; die paaie tot en met nou was redelik goed in die Oos-Kaap (Vrystaat beslis UITGESLUIT!). Die STUPID hobbels in Fort Beaufort was net regtig 'n pes. En daar was nog ook so baie!

Ons "digs" is baie cool vannaand; die badkamer het 'n deur! Ons is in any way so moeg niks anders as dit maak saak nie. Ek is net bevrees dat hierdie plek van so 'n aard is dat A3 weer sy 101 inspeksie gaan doen. Beslis na die torgogga episode. Ek is amper uitgeneem in daai episode. Ek was baie naby (natuurlik, die flits gooi nie 'n baie wye ligkol nie) toe hy begin gil en klap. So close! Dit was darem nie all bad nie. Ons het 'n gloworm op die pad gesien. A2 het in die donker probeer weg sneak met die flits, maar gelukkig het A3 hom gesien/voel/hoor. Hy het vinnig 'n stop gesit aan daai nonsens!

Die paaie in hierdie crazy plek is vol van gate en almal is gevul met water, so my arme kar het deurgeloop. Alles is natuurlik ook grondpad. Hogsback moet dalk daaraan dink om sy paaie, toeriste aantreklikhede en staproetes beter uit te merk. Mens kan hier (ons het amper 'n paar keer) verlore raak, al is die plek so klein.

A3 het so 'n bietjie senuweeagtig geraak bo in die boomhuis toe hy uitvind dat die boom wieg wanneer die wind waai. Die feit dat non-ingenieurs, backpacker hippies, die boomhuis gebou het was seker die ding wat die meeste op sy senuwees gewerk het (hy het dit oor en oor herhaal, dis hoekom ons weet).

Happy days
A1

1 comment:

  1. Yippeee!! Die badkamer het 'n deur! Hoekom het julle nie die bad met 'n view geprobeer nie? Hy is dan so uitlokkend.

    Julle en die koeie is nogsteeds weird.

    Ps. A2 het 'n tikfout op dag 2 se post gemaak. Hy het homself uitgehaal oor die goggas inplaas van A3.

    ReplyDelete