Ons het ons pad toe na Graaff-Reinet gevind. Dit was nie 'n te lang pad nie, maar ongelukkig het ons nie veel gevind om te doen oppad nie. Dit was maar bra eentonig. A3 is ook baie teleurgesteld in Somerset-Oos. Hy het oorweeg om daar te stop totdat hy die plek gesien het, toe ry hy maar deur in die hoop dat Graaf-Reinet beter lyk. Dit doen.
Ons het eindelik om 10:57 oorgeslaan na ons tweede folder musiek, dus is ons terug na A3 se smaak. A2 het darem nie hierdie keer 'n keel opgesit nie. Die verandering van groen na Karoo was nogal duidelik. Elkeen het darem hul eie mooi.
Vannaand se "digs" (ons het hierdie woord in Rhodes geleer) is 'n huis, ja, 'n hele huis vir net die drie van ons. Elkeen het sy eie kamer (met twee beddens in). Dit kos ons nie eens 'n fortuin nie en dis regtig mooi. Dit is een van die menigte huise hier wat Nasionale Monumente is, die bordjie is op die muur. Daar is so 'n paar reëls tenopsigte van die plek. Ons het dit nogal geniet om die hangeskrewe notas oral te vind. Hulle was nogal amusant.
Die NG Kerk hier is waarlik pragtig. Ons is ook deur die Reinet huis en gaan seker môre die ander 4 museums gaan besoek voordat ons, ons pad uit hierdie dorpie uit vind.
Ons het so vroeg hier aangekom (omdat daar niks was om by stil te hou nie) dat ons besluit het om die dorp te voet te gaan sien. Dit is waarlik aan te beveel. Wees net gewaarsku dat as dit lyk asof dit gaan reën moet mens vinnig huis toe draai anders is jy sopnat. Ons praat uit ondervinding uit... ons was sopnat.
Die vroeë aankoms hier het gemaak dat ons besluit het om 'n dvd uit te neem en te kyk. Die dvd winkel is die Crazécow ...
En ma's, wees trots op ons, ons het eindelik vandag behoorlik kos gemaak, vleis EN groente. Ons het baie moeite ingesit.
En laastens; het julle geweet dat die bier in 1880 6p gekos het in Graaf-Reinet...
Lekker lees
A1
Captions deur A2
Platform van die boomhuis (15 m op)
Klim na die boomhuis (1ste leër)
Spot the mistake
War memorial (1ste World War)
NG Kerk te Graaff-Reinet
Ons huisie
A3 se view:
Vir eens het ek min om te sê. Lyk my elke backpackers het hulle reeks honde en al daardie honde is baie interessante kreature. Away with the Fairies het so paar gehad wat rondgedwaal het maar vanoggend net nadat ons die sleutel ingehandig het en terug kar toe moes hike toe daag ene op wat ek nog glad nie gesien het nie. Hy hardloop toe all smiley na ons toe en nadat ek hom so hallo sê rugkrap gegee het het hy al die pad saam met ons gedraf so asof om ons te groet en te inspekteer dat alles reg is. Baie interessant....
Die pad was lank en slegs Graaff-Reinet was interessant. Die kerk soos gesien kan word lyk awesome en die wolke het ook mooi saamgespeel vir 'n great foto. Dit lyk my dat my post van gister iets van êrens opgejaag het want vandag het ons al drie nat geraak. Let wel nie in ons swemklere nie maar in ons gewone klere. Oppad terug huis toe... Dit was actually lekker. Die verblyf is baie cool vanaand vir 'n hengse bargain.
Net om op 'n random noot te eindig: Dit wil voorkom vir my asof my arms al 'n tan gevang het, wat baie vreemd is. :-D
Cool beans!
A3
No comments:
Post a Comment