Tuesday, November 23, 2010

DAG 2

Vandag het begin opsoek na A3 se begin (ongelukkig moes ons seker eers die moeder gevra het voordat ons net blindelings ingeval het), ons was onsuksesvol. Daarna het ons 'n poskantoor gaan vind in Jamestown (seker die kleinste dorpie met die mooiste, en skoonste, sypaadjies).

Queenstown was die volgende stop. 'n Verskriklike bedrywige plek, hoor. Dis net padwerke en traffic. A3 het veters gekry en ons het van kerk na kerk gestap. Dis nou een dorp wat nie 'n kerk tekort het nie! Ons het die goedkoopste museum teëgekom daar. R2! Vir volwassenes! En die plek was nie te sleg nie. Die poskantoor was regtig pragtig, binne en buite, dit is ongelukkig net so 'n bietjie vervalle.

Gelukkig rondom 9:03 het die musiek oorgeslaan van A3 na A1 toe en êrens laat in die middag na A2 toe. Geen meer complaints!

Eindelik dit toe na Oos London gemaak, baie vroeër as gister. A3 het soos 'n klein meisietjie tekere gegaan toe hy die see gesien het en het homself amper papnat gemaak soos hy in die see baljaar het (met al sy klere aan). Sugar shack is ons tuiste vir vannaand. Ons het 'n 4 bed kamer en A3 worry so 'n bietjie, want A2 gaan bo slaap. Ons het die selekant in die museum gaan besoek en as mens moet kyk hoe A3 gehardloop het, het ons amper binne die museum geslaap! Ons het 'n stappie by die strand af geneem (verskriklik mooi). Beide A2 en A3 het mooi gehelp met skulpe soek vir die klein A1.

Ons het die aand afgesluit met 'n heerlike ete by die A2 familie (niggie en verloofde). Baie dankie vir die gasvryheid!

En so vir die volgende dag
A1

(Foto captions deur A3)
Misterige pas tussen Jamestown en Queenstown.

Die baie cheap R2 museum in Queenstown.

Die wel bewysde vriendelike N6 borde wat oral op die N6 tesiene is (L.W. slegs "friendly" na Aliwal Noord)

Skuinskoei ...

Baie happy A3 (want ons is by die see) en die not so impressed A2, op arrivering by die see.

Die Sugar Shack (Vind ons huisie, ons belowe hy is daar, erens tussen die bosse...).

Die dag vanaf A2 se oogpunt:

Soos ons die Penhoek pas bestyg het, het die mis ons oorval. Met die afkom slag het ons die son aan die anderkant van die berge gelos en wolke het ons die res van die pad vergesel. 'n Grou see het ons in Oos London begroet.

Die museum in Queenstown het een van die beste vlinder en mot versameling wat ek nou al gesien het.

A3 se paranoia rakende kreepy crawlies dwing hom om elke bed 'n 101 punt inspeksie te gee.  Die bed word van alle kante af geinspekteer voordat dit goed genoeg is vir slaap.

 Skuinskoei s.nw. 1. koei wat teen 'n skuinste wei, 2. biltong wat skuins gehou word.
(definisie is nog Under Construction)

Dankie aan N en J vir die lekker kuier. Dis nou julle beurt!!!

To Infinity and Beyond!!!
A2


Die dag vanaf A3 se oogpunt:


Laat ons dink laat ons dink... Die mis op die berg was cool, ek het bestuur, ons lewe nog, dus is ek awesome....  Jamestown was boring tog baie skoon, daar was 'n kerk met gebreekte vensters. 

Ek het geleer dat Queenstown het geen tekort aan kerke nie, soos rerig!! O ja en dat die cheap museum 'n funky smell het aan hom, ons plaas dit tussen 'n verf en 'n mif reuk.  Dis dalk hoekom hy so cheap is!!  Die skole in Oos-Londen is huge en fancy, die kinders gluur jou aan met stink attitudes.  Dus kom ek tot die slotsom dat in die Oos-Kaap gee die mense net om oor twee goed: kerke en skole...  Hulle prioriteite is seker maar reg.

Ooh die see was awesome!!!!!  Ek het lekker gebaljaar in die water terwyl A1 en A2 veilig vanaf die seewater gebly het want dis glo te koud.... Wel tenminste te koud vir A1, want A2 skrik nie vir koue water nie wat my laat wonder wat die see aan hom gedoen het dat hy so ver weg bly.  Ek het in die water gejol, duine afgegly, skulpe opgetel vir klein A1 en oor die rotse geloop.

Die Sugar Shack is awesome! Ons het die beste seaview, tussen die bosse! Hier is twee toilette wat buite sit met interessante stories agter op die deur.  Als is baie skoon en cool.  Daar is 'n lounge bo die kantoor met 'n dodgy looking kombuis, tog skoon en bruikbaar.  Daar is ook 'n torinkie naby die lounge wat uitkyk oor die see met twee rusbanke op, as jy opklim en probeer sit sal jy uitvind die local hond gebruik een as sy official chill spot... Dis 'n cool hond!

O ja ete was baie lekker! Tortillas met hoender, bacon, kaas, guacamole en cream cheese plakkertjies... (ja figure dit self uit).  Dankie aan A2 se niggie en niggie se verloofde!!

Wel ek moet my bed gaan inspekteer vir goggas  en nog gaan stort, dis baie laat en eks moeg.

Cool beans!
A3


No comments:

Post a Comment