Is terug by die huis!! Na 'n great vakansie!
Vandag was weer baie pret oppad huistoe en ek dink ons al drie het op 'n stadium amper aan die slaap geraak in die kar, die drywer (A1) ingesluit!! :) Ek weet ek kon nie meer my oë oop hou so 30 km voor Alberton nie en het myself baie kere gestop waar ek amper omgeval het op A1terwyl sy bestuur het!!
A2 hoor net nie die verskeidenheid in my musiek nie want hy is nie lus om dit te hoor nie en is net effe hardkoppig as dit by musiek kom :)
Maar ja ek dink ons drie kan ook maar die Baz Bus trip aanpak!! Dit sal goed werk.
Die vriendelike tannie by ons Gariep verblyf was so gaaf oms ons elkeen R60 afslag te gee op die verblyf en dit het toe net R100 p.p. gekos. Syt gesê dit was studente afslag maar ek dink sy het maar net baie van my gehou!! Ja want ek is maar awesome en het so 'n effek op tannies!... Ongelukkig net op tannies! LOL
Die res van die pad was maar soos enige pad en ek was baie teleurgesteld in my Wimpy middagete, so crappy chicken wrap wat basies net blaarslaai bevat! Ek moes eerder 'n hamburger vat!!
Maar ja die vakansie was great en ons het vreeslik baie gesien in 'n baie kort tydjie!! En daar gaan verseker een of ander tyd 'n volle kus BAZ BUS toer wees vanaf Pretoria na Kaapstad!!
Tot dan en COOL BEANS!!! ;)
A3
Is baie bly dat julle dit vreedlik geniet het en soos ek na die stories geluister het gisteraand glo ek julle 3 kan maar die BAZ BUS TOER VAT, JULLE sal dit saam oorleef. Is bly dat julle veilig by die huis is en A1 en A2 dankie vir julle aandeel aan die wonderlike vakansie waarvan A3 nie uitgepraat kan raak nie. Dankie dat julle veilig by die huis is. Sterkte en Voorspoed vorentoe en dankie vir die blog dit was die interessantste OOIT, ons waardeer die opreg dat julle julle expierences met ons gedeel het. Wat 'n voorreg om 3 sulke wonderlike jongmense te ken, die toekoms le oop vir julle. ENJOY!!!!!!!!!!!!!!!
ReplyDelete