Op ons tog in by Bloemfontein het ons die 2010 dekorasies ontdek en moes eers 'n paar foto's geneem word. A1 was vinnig op haar pos as professionele fotograaf en het vinnig op die goed neergesak om als af te neem, terwyl sy baie naby aan 'n baie besige pad (met haar rug na die karre) stap.... terwyl sy vroeër die oggend die padveiligheidsbord waargeneem het net buite Johannesburg.
Middagete was by die Nasionale vrouemonument op die gras (panini's van Pick n Pay). Foto's was geneem en snaakse posisies moes ook dalk ingeneem geword het op soek na die most awesome foto...
Padwerke het ons vertraag oppad na Aliwal Noord, maar het tog uiteindelik daar uitgekom. Verblyf by Welgemoed chalets oorkant die warmwaterbronne gekry en die vrou van welgemoed het ook vinnig gesê dat die warmwaterbronne vinnig agteruitgegaan het, ek dink sy wou net nie he ons moes nie na die kompetisie toe gegaan het nie.... Aandete in 'n regte Pub gehad langs die oranje rivier. Ons sal maar moet wag tot môre om uit te vind of ons nog ons ore het nadat ons gedurf het om die water te drink....
Môre se beplanning is om tot Oos Londen te gaan (WOOOHOOO DIE SEE!!!!! A3 is awesomely opgewonde!!!). A1 en A2 deel nie in my malgeid oor die see nie maar ek is seker ek sal hulle kan vorseer om te gaan swem soveel as moontlik....
Tot môre en cool beans!!!
A3
(A1 doen al die captions vannaand)
Ingang tot die Rose Stad
Afskeid (Vroue Monument)
Die Vroue Monument gesien vanaf die naby geleë koppie
A3 wou opsluit die loop van die binnekant af neem!
Die tweede probeerslag, A3 was te stadig die eerste keer. Die slaapplek vir die nag is in die agtergrond.
Ingang tot Bloemfontein.
No comments:
Post a Comment