Al met die kus langs gery in die rigting van Port Alfred. Vir A3 by Kidds beach gestop. Tot sy groot onsteltenis was dit weereens vandag bewolk. Kidds beach het van die beste gety poele, met pers, pienk en rooi sea urchins. En 50 cm seewiere.
Van daar het ons Port Alfred toe gegaan. Eers by die Groot Vis rivier ligtoring gestop. 10 min op grond pad. Ons het skuinskoeie (def 1) gesien!!! En 'n skilpad. Teen die trappe op tot bo om die uitsig te sien oor die hele kus.
Port Alfred is 'n oulike klein rivier/see dorpie. Weer kon A3 nie swem nie, daar is nie regtig swem strande in Port Alfred nie. HaHaHa. By die Spur wat in die Marina is, middagete geëet.
Terug op die pad het ons binneland toe gedraai na Grahamstad. Eers by die GROOT pynappel op Bathurst gestop. Hy het so bietjie muf op. Toe was dit oor die berge na Grahamstad.
Hier aangekom, het ons uitgevind dat The Old Gaol Backpackers, die gekose slaapplek vir vannaand, toe gemaak het. Toe was dit rondry in 'n vreemde stad in die traffic om blyplek te soek. Geen plek is ordentlik gemerk nie en meeste plekke is vol of duur. Gewoonlik altwee.
Eindelik het ons afgekom op die Oak Lodge, in die soektog na Settlers Cottages. Beide bekostigbaar en beskikbaar. Seker so 30 min voor die skryf van vannaand se post het ons uitgevind dat die backpackers net geskuif het en nie toe is nie. Yeah!!
Môre se post sal moontlik uitgestel word weens tegniese moeilikheid (Hogsback het dalk nie wireless internet opvangs nie). Sal dan wel die volgende dag gedoen word.
ThThThThat's all folks!!
A2
Alle onerskrifte vanaand deur A1.
Kidds beach se gety poel. Die rotse het die mooiste lewe op. Al die mooi kleure!
Die skuinskoeie op die rowwe grond pad oppad na die ligtoring.
Ons by die ligtoring. A1 het hierdie foto geneem!
Ons by die pynappel (A1 het weereens die foto geneem). Dit was bitter koud bo by die pynappel se blare, maar die pynappel velde het baie mooi gelyk.
Ons slaap plek vanaand. Let op dat die stort geen deur het nie. Watter pret vir A1! Die ander twee is weg gestuur om die kos gaar te kry by die braai sodat A1 skoon kan kom.
Op hierdie stadium vermaak A2 homself deur vir A3 te vra wat elke squeak en squeal beteken terwyl A3 stort. Die gordyn is ook besig om A3 te molesteer.
A3 se kommentaar:
Strande wat ons besoek het was awesome, alle strande is.... Oppad na oral is die Oos-Kaap groen en mooi, en ekt besluit ek hou baie van Oos-Londen en Port Alfred, dalk moet ek kyk of ek in P.E. kan gaan werk. Die pynappel was interessant, A1 was oor die pynappel soos ek oor die see is.... dan sê hulle ek is weird... In die area van die pynappel was daar baie norse en prickly ou engelse tannies, dink dis dalk iets te doene met al die prickly pynappels.
Grahamstad sal ek klasifiseer as die Stellenbosch van die Oos-Kaap. Dis net so mooi en interessant hier. Hulle moet net werk aan hulle information centres en verblyf bordjies. Sien baie uit na môre want Hogsback klink baie cool en aangesien ek nie in die see kon swem nie gaan ek my bes try om in die waterval poel te gaan swem!! Ons gaan môre probeer bly in away with the fairies backpackers in Hogsback en hulle noem hulle kamers na die karakters vanuit Lord of the Rings, want die area daar lyk glo soos middle earth en JRR Tolkien het daar tyd spandeer.
By the way, ons het nog al drie ons ore en het nou al van Aliwal Noord, Oos-Londen en Grahamstad se water gedrink...
Cool Beans!!
A3
No comments:
Post a Comment