Eerste op die lys was om die ander 4 museums in Graaff-Reinet te besoek. Onder andere, die militêre geskiedenis en die fotografiese geskiedenis van die omgewing besigtig. Een van die uitstallings in die museums gaan oor die teling van merinos in die area. Een van die skou ramme het 40 lb wol in een jaar gelewer. Hy het daai jaar ook sy nasionale kleure verwerf in wolgroei.
Ek het die dag bestuur. A1 was meer gekalmeerd gewees oor die bestuur vandag. Van Graaff-Reinet het ons in die rigting van Nieu Bethesda gegaan om die Uilhuis van Helen Martin te besoek. Die pad vanaf die N9 na die dorp is hulle besig om te teer en het baie mooi views oor die berge en valleie.
Die dorp self het net grond paaie. Die Uilhuis is 'n moet sien vir enige iemand. Daai tannie was weird gewees, jong! Na die dood van haar ouers het sy haar ouerhuis begin omskep in haar droomhuis. Die tuin is vol sement standbeelde van uile, kamele, mensfigure, buddhas, sfinkse met neuse (Obelix was nie hier nie) en natuurlik uile. Die enigste kleur in die tuin kom van die glasbottels wat gebruik is vir die oë van die standbeelde. Hier en daar is daar darem een wat geverf is, maar die meeste is net rou sement.
So bleek soos die buitekant van die huis is, so kleurvol is die binnekant van die huis. Sy het gemaalde glas met verf gemeng en alles binne bereik geverf, selfs die dak. Een van die slaapkamers is groen, die ander een in skakerings van rooi en pers. In die eetkamer het sy oor die muurpapier geverf. As jy dan reguit vir die muur kyk sien jy die muurpapier, maar kyk jy skuins sien jy gemaalde glas.
Die plafonne is ook geverf in allerhande patrone. Hier is die meeste kleure gebruik. A1 het 'n poskaart vroeër gekoop van drie uile. Natuurlik wou sy toe 'n foto van die drie uile hê. Was dit nou 'n mission gewees om die drie uiltjies te kry? Met die kry van die uile, wou sy nou natuurlik 'n foto neem vanaf dieselfde hoek. Met die was daar nou weer 'n gesukkel gewees om die regte hoek te kry vir die foto. Uiteindelik was sy suksesvol gewees.
Terug na die N9 om tot by vannaand se slaapplek te ry, Gariep Dam. Die dorp nie die actual dam nie. Hier is ons digs weereens 'n huis met drie slaapkamers met slaapplek vir tot 8 mense. Als vir ons drietjies. A3 was net baie ongelukkig omdat hy nie die rugby kon kyk nie. En soos gewoonlik was A3 weer doodstil. Hy moet definitief nie agter in 'n kar sit nie, dan kry jy niks uit hom nie.
Up up and AWAY!!
A2
Algemene notas van A1 se kant af:
Ons het baie weird mense in Graaff-Reinet ontmoet gedurende ons museum crawl. Toe ons begin het, het hulle onder die boom in hulle kar gesit en eet. Hulle is toe kort daarna weg. Toe ons weer terug kom by die kar is dié twee terug onder die boom, aan die eet! Die museum wat die fotografie uitstalling gehad het, het baie mooi behoue negatiewes gehad. Glas negatiewes wat jy steeds kan gebruik. Baie nice.
A2 het darem nie vandag oor A3 se musiek gekla nie. Inteendeel, hy het ten minste een keer saam gesing en 'n ander saam gefluit. Dus was daar geen drama nie.
Oppad na Nieu Bethesda het ons 2 blou kraanvoëls in die veld gesien. Dit was regtig great. Ons het ook 'n paar swart springbokke oppad na Gariep Dam gesien.
In Colesberg het ons die local drunk ontmoet. Dit oor A's 2 en 3 besluit het hulle soek rooiwyn vir die aand. Dit was scary!
A3 het vleis gebraai vannaand. Hy moes so 'n bietjie (ek jok, hy moes baie) gekompeteer met A2 se konstante kommentaar oor sy vuurbou en braai vernuf. Gelukkig het ons eindelik vleis gekry.
Nou oppad huis toe
A1
Captions deur die awesomlikke A3 (Cause I is awesome!)
Ons Crazécow DVD van gisteraand. (Spesiaal opgelaai as aanvulling by ons reeks van skuinskoeie...)
As mooi opgelet word sal daar ook gesien word dat die Crazécow op die kassie ook 'n skuinskoei is!! LOL
Miss Ellen Martin se uilhuis kat. (In Nieu Bethesda)
Nog uile in die uilhuis. (Michelle se uile)
Nieu Bethesda kerk.
My (A3) Legen-wait for it-dary gepakte vuur!!
A3 se view:
Ek het die week besluit dat museums wel interessant is, maar eintlik net depressing is... Almal en alles wat daarin gewys word is dood en vergane. Wat vir my meer interessant is in museums is foto's wat gewys word van al die mense van die verlede. Ek kyk eerder in diepte na almal wat in 'n foto gewys word as wat ek na ou kleredrag of instrumente moet kyk. Mense is soveel meer interessant. In die fotografie museum was daar die arme klein tannietjie gewees wat 'n groot liking in A1 geneem het... Ja die arme tannie het heeltyd net met A1 gepraat en alles net vir haar vertel. Sy het ook vir A1 haar krale uitstallinkie gewys en ek moet bieg, want toe ek hoor die vrou wil dit vir haar wys het ek vinnig anderkant toe gehol om nie ook in daardie situasie ingetrek te word nie waar jy voel jy moet nou kyk. Maar anyway!!
Ek was seker effe bedonnerd en kort van draad gewees vandag maar dis niks wat Hunters en Rooiwyn nie kan regmaak nie. Ja ek het in my poging om die rugby, wat vandag plaasgevind het, te kyk misluk. Na ure se beplanning om betyds by die akkomodasie vir vanaand uit te kom en keer na keer se kyk na die padkaart het ons by die verblyf aangekom om uit te vind dat ons die mees kompakte DSTV "package" moontlik het. Letterlik SABC 1, 2 en 3, ETV, Magic World en Soweto TV.... Ek meen regtig, Magic World en Soweto TV... Wie de hel kyk dit ooit!!! Toe sit ek met my Hunters en pak chips wat ek spesiaal gekoop het vir die rugby. Die items was toe maar verbruik terwyl ons Scooby Doo op SABC 2 gekyk het vanmiddag. Ja dit is so hartseer ek het amper gehuil!
HAHA! Die so called drunk van Colesberg het vir A1 'n volle omhelsing gegee!! LOL hy het vir my en A2 gegroet met die hand en toe haar genader met 'n drukkie en as jy vir haar ken sal jy weet dat dit 'n taboe is in haar wêreld en dat sy jou sal begin aanval met goed as jy dit probeer. Gelukkig het sy dit so koel soos 'n komkommer gehanteer en maar saamgespeel en die pervert omie situasie goed hanteer. Dit is seker omdat sy al goeie ervaring het om sulke tipe omies te hanteer, naamlik een van ons pervie dosente op kampus! LOL
Maar toe beweeg ons (ek) aan en gaan pak my most awesomelikke vuur! A2 het natuurlik baie kommentaar gehad op my manier van kole pak en vuurmaak (alhoewel ek baie op syne ook gehad het). Maar ek glo dat hy net jaloers was, want ons albei weet myne was baie meer superior en mooier en baie meer kreatief!!! Muhahahahaha!! Ons vleis wat EK gebraai het was heerlik alhoewel 'n gedeelte van my vleis effe taai was.
Ons het toe How I Met Your Mother gekyk op die laptop terwyl ons die bottel rooiwyn klaargemaak het, ons kan mos nie ekstra bagasie saamry môre nie!! Dit WAS baie snaaks gewees! Nou moet ons nog ten minste een epsiode SUPERNATURAL kyk en dan mag ons gaan slaap! (Ja ek het so besluit en die ander het geen keuse nie). Ons sal seker eers môre by die damwal 'n draai gaan maak en dan huiswaarts keer!!
So vir die laaste keer:
Cool Beans!!
A3