Vanoggend het rustig begin met lieflike sonskyn
weer. Ontbyt by die Wimpy in R-bay (dis ‘n ding, apparently). Nou nie my
gunsteling nie, maar eetbaar. Direk na ontbyt is ons terug Alkantstrand toe om
roomys op die strand te gaan eet. Terwyl ons ontbyt genuttig het, het die weer
begin draai. Dit het begin toetrek. Teen die tyd wat ons by die strand gekom
het, was dit heel bewolk gewees. Lekker weer vir langs die strand tap, maar nie
vir swem nie (arme A3!).
Al langs die strand afgestap tot by die
punt. Ongelukkig soos enige strand is daar altyd nog ‘n punt in die verte, na
jy by die punt gekom het. A1 en A3 het, soos gewoonlik agter gedrentel en
allerhande goed op getel. Elkeen het met hande vol skulpe, jammer ek bedoel
klippe teruggekom. Ek het ook ingegee tot my hoarding instinkte en met ‘n paar
stukkies seeglas teruggekom.
Vanaf punt na hawe |
Pad gevat van R-bay na Eshowe toe. Net so
buite Eshowe het A3 vooruit gebel om verblyf te bespreek by Zululand
Backpackers. Net om met ‘n skok uit te vind, dis net vir buitelanders. Besluit
net daar dat aangesien dit hul houding is ons maar in ‘n ander dorp sal soek
vir verblyf. In Eshowe is ons na die Dlinza Forest Aerial Boardwalk, om tussen
die blare en voëls uit te hang.
Uitsig oor Dlinza Woud |
Groot organismes van Dlizna |
Klein organismes van Dlinza |
Nie ‘n baie indrukwekkende boardwalk nie.
Net ‘n 100 m of so se board walk, redelik hoog tussen die bome in, wat eindig
in ‘n toring wat uit klim tot bo die blare dak. Wonderlike uitsigte oor die
woud en die omgewing.
Van daar is ons op die langer(1.8 km) van 2
stap roetes (1.8 en 1.3 km) wat hulle ook in die woud het. Die roete is heel
rustig tot die 2 roetes paaie skei. Die langer een gaan dan 2 keer deur ‘n stroompie
en klim op en af teen die hange van die kloof. By die tweede river crossing is
waar ek toe so bietjie grond gekoop het. Maar het nie eers modder op my gekry
nie.
My eiendom in Dlinza |
Na die stap deur die woud moes ek toe
verblyf reël. Kry toe vir ons plek in die Golf View Lodge in Melmoth vir
goedkoop met etes ingesluit. So dis ons laaste stop vir die roadtrip.
Fluit fluit, my storie is uit
A2
PS. Die tweede ergste ding onder die son is
‘n ginger. Die ergste is ‘n ginger in denial. A3 het vannaand soos ek
die blog begin tik, geerken hy’s ginger. Alhoewel sy baard dit elke dag
uitspel. – A2
PPS. Nie ginger nie – A3.
Thought of the Day |
Was ook by daardie boardwalk, nie baie indrukwekkend nie, ek stem. Hehe! Awesome poster A2!
ReplyDeleteOok maar goed julle is aan die einde van julle trip as A2 alweer in die slag was. Die Chev sal ook bly wees om te kan rus en weer skoon te wees. Dankie dat ons weer julle ervaringe kon deel. Ry veilig!
ReplyDeleteIs baie bly dat julle veilig terug is........ hierdie roadtrip glo ek was baie meer opwindend as die eerste een, maar ja di arme Chevvie - dink regtig jy moet di 4x4 fotos vir hulle stuur vir 'n nuwe advertensie!! A1 en A2 julle moet veilig terugry na julle bestemmings - tot die volgende roadtrip!!
ReplyDelete