Ek en A2 het vanoggend die plesier gehad om wakker te geword het met die geneul van A1 buitekant ons tent deur. Sy het die gewoonte om 6 uur wakker te word en 5 minute later honger te wees, so dan wend sy haar beste poging aan om die res van ons op te kry sodat sy kan eet. So die uiteinde: sy loop op en af voor ons tent deur soos 'n kat wat haarself hoorbaar wil maak! :)
Ons was op teen half 9, ontbyt klaar en gepak en op die pad teen 10 uur na Sodwana. Die pad na Sodwana was kort en daar was nie veel om te sien nie - tensy jy 'n 4x4 besit wat jou sal toelaat om na die Coastal Forrest Reserve toe te gaan en die plekke op die oewer van die Sibaya meer te gaan besigtig. Let wel, ons het steeds probeer ... en weer vasgesit ... in die sand...
Sodwana is klein met baie verblyf en so paar eetplekke/kuierplekke waarvan ons eerste keuse vir middagete toe was en eers weer môre oop sal wees, so middagete was by die local "Maak 'n Jol" restaurant en kuierplek. Ons eerste poging om die strand te gaan besigtig het nie goed afgeloop nie, die wind was baie sterk en jy was aangeval deur sand wat soos bullets op jou afgepyl het. Na 'n vinnige stappie het ons aangery en op ons verblyf vir die aand afgekom wat gelukkig nog plek oop gehad het. Die Coastal Divers - Sodwana Bay is waar ons stop vanaand. Baie impressive plek wat seker elke diver se droom is. Hulle bied elke soort opleiding aan vir duikers en gaan elke dag uit see toe na 'n paar van die 33 duikpunte in die nabye omgewing - maak my self skoon lus om my werk te bedank en vir 'n jaar hier te kom bly om die volle opleiding te kry...
Dit is winderig op die strand! |
Ons verbly vir vanaand. |
Staproete. |
Strand stap - take 2. |
Sonsondergang op die strand. |
So plan van aksie vir môre is om tien uur saam met die duikboot uit te gaan na die "2 Mile" riwwe en daar te snorkel terwyl onder ons geduik word, as die wind ons hopeluk sal toelaat. En dan sal ons verder aan beweeg na Hluhluwe. Ek het vanaand die opelug stort van ons kamp by Kosi baai gemis.
Groete,
A3.
NS. Fun trivia vir vandag, siende dat "Anonymous" (J-A-N-I-N-E) ons so goed ken: Wie as daar op die strand gestap word stap reguit en aanhoudend oor die klam sand, wie stap al langs die uitspoel area van die strand opsoek na treasures en wie ploeter al in die water sover ons gaan?
NNS Raai wie gaan van nou af rede hê om te kla dat hulle vroeg wakker gemaak word...
A3 ploeter in die water!!!! - A1 soek treasures en A2 stap op die klam sand reguit aan - hehehehe hoop ek ken julle ook.......... en A3 wanneer gaan jy leer dat jou kar nie 'n 4x4 is nie - Dink jy moet hom maar inruil vir 'n 4x4 dan kan julle volgende keer AL die paaie ry waar julle wil wees....... maar ja dit lyk nogsteeds of julle 'n jol het
ReplyDeleteWho is this J-A-N-I-N-E who you speak of? Ek stem saam met jou ma, A3. Jy ploeter, A2 stap en A1 soek treasures. :-P
ReplyDelete