Vanaand is ons almal … zzzzzzzz … na ‘n
vinnige en vol dag. Vroeg oggend het ons
gejaag om betyds by die kayak launch punt te kom vir ons 2 uur kayak safari op
die St. Lucia Estuary. Vir die wat nie
weet nie, ‘n estuary is ‘n gedeeltelike geslote sout water sisteem met vars
water riviere wat in hom in vloei en ‘n konneksie met die see.
‘n Groepie van 4 jong buitelanders het by
ons aangesluit vir die kayak ekspidisie.
A1 en A2 het saam geroei en ek het saam met die guide se saamsleepsel in
‘n boot beland. Ons sê maar net ek het
baie hard gewerk vir twee ure om ons op koers en by die ander te gehou het. Die rit was lekker, so deur die reën wat
gekom en gaan het oor ons. Ons het
ongelukkig geen krokkedille of seekoeie gesien terwyl ons geroei het nie, wat
die ekspidiesie effens na ‘n mislukking laat voel het. Die finale opinie oor die kayaking: Lekker maar nie die geld wat hulle vra werd
nie, veral nie met die “snacks en drinks” wat saam met dit gegee was nie.
|
Kayak stoor van waari ons begin het. |
Na die roei het almal gou gestort en kon
ons uiteindelik ontbyt/lunch eet 1 uur die middag. Ongelukkig het ons ‘n halfuur voor die kayak
begin het opgestaan en uitgevind daarvan, so daar was nie tyd vir ontbyt nie… Na middagete het ons die beer festival gaan
uitkyk wat by die ski boat klub van St. Lucia gehou was. Ons het tot by die deur gekom en gesien hulle
vra R40 entry en dat daar nie veel aangegaan het nie. Ons het toe besluit dat ons nie verder geld
gaan mors nie en dit ‘n skip gee. Ons
het toe gaan stap vir 2 ure op die St. Lucia strand. Die see en branders van St. Lucia is
impressive en ons verwag dat ‘n OMO sindikaat daar was en veroorsaak het dat die
see so effens oormatig geskuim het. Die
strand aan die ander kant is maar vaal en nie veel vir die oog nie, nie nadat
jy ‘n paar dae terug op die pragtige strand van Sodwana baai gestap het
nie.
|
Skuim op die see (Dooie meermin?) |
|
Uitverspoelde jelly vis (Alien ?) |
Teen die eindpunt op die strand, waar die
Mfolozi rivier in die see in loop moes ons omdraai en sprint terug kar
toe. 4 uur was ons ingebook vir die
Santa Lucia boot rit op Noord in die estuary in – op soek na die groot
populasies krokkedille en seekoeie wat oral geadverteer word en wat ons nog niks
van gesien het nie. By die jetty waar die rit begin was nogal snaakse kuns uitgestal (fotos onder), duidelik kan enigiets gemaak en uitgestal word solank dit as kuns geklassifiseer word... Net nadat ons begin
het was die eerste seekoeie gesien, en kort daarna nog en nie te lank later nie
nog! Seekoeie was orals te siene - aan
die ander kant van die brug waar ons vroeër die oggend omgedraai het met die
kayaks. Ons was ook gelukkig genoeg om 'n female giant kingfisher te sien. So na ‘n uur van seekoeie kyk
het die boot ook sy omdraai punt bereik en het ons die bar en snack verkoop punt
op die boot aangeval vir verversings vir die lang pad terug. Teen die einde net voordat ons die jetty
bereik het, het ons ook gelukkig ‘n enkele krokkedil gesien swem langs die oewer
van die estuary. 80 % van SA se
krokkedil populasie kom glo voor in die St. Lucia area – ons het een gesien, so
m.a.w. daar is 1.25 krokkedille in die land.
Wonder waar die 0.25 rond lê.
|
Santa Lucia boot. |
|
Ons op die boot. |
|
Kuns 1 - nog OK. |
|
Kuns 2 - Net so effens WEIRD, of hoe? |
|
Giant Kingfisher. |
|
Seekoei gaap groot, vra vir 'n Chomp? |
|
Jong seekoei. |
Na gister was vandag redelik uitputtend en
beplan ons om môre aan te beweeg na Richerdsbaai. Ons het die naglewe van St. Lucia gevind
vanaand – en toe maar net aanbeweeg. St.
Lucia het interessante mense.
A3
Magnum! Magnum! Magnum! Magnum! Magnum! JMagnum! Magnum! Magnum! Magnum! Magnum!
Okay... het A3 sy varkies verloor in St. Lucia?
ReplyDeleteBaie interessant en lyk en klink of julle darem nog lewe en dit geniet. Tyd raak min so gaan volheid vir die laaste paar dae. Kan nie wag vir die volgende update nie!!!
ReplyDeleteKuns 2 is nie so weird nie, lyk soos 'n tipe vrugbaarheidsbeeld, soos soveel ander kundswerke voordit al getoon het, meestal met vrouens anyway. en die jelly vis wat julle afgeneem het, is dit 'n man-o-was? (wat tegnies nie 'n jelly vis is nie - se maar net...)
ReplyDelete'n Ander Anonymous...