Monday, October 14, 2013

Swazi/KZN - Dag 3

“The sun! It burns!” (A2)

Die beehive hutte is so lekker son dig dat A2 ‘n baie groot skok ontvang het toe die beweging begin het. Na ‘n gesukkel met die wi-fi het ons darem opgevang met ons uitstaande posts en toe in die pad geval.  Die grens was nie merkwaardig nie.
En toe gaan soek ons die spook berg.  Die eerste teleurstelling was toe ons nie die Inn gevind het waar ons dit verwag het nie.  Ongelukkig het die spook goed ons weer in die steek gelaat en het ons maar net oor die berg gery.  Aan die ander kant van die berg het ons toe ‘n grond pad getref wat ons stukkend geskud het en alles in A3 se kar los gerattle het.  Dit was ‘n genade toe ons teer weer gesien het!  En toe sê A3 die woorde wat hy nooit moes uiter nie:  “die ander kant van die pad lyk baie sleg, gelukkig hoef ons dit nie te ry nie.”  Wat gebeur toe 5 min later, ons ry daai eintste pad (want natuurlik het ons toe regs gaan draai op die teer pad in plaas van links).

Spookberg vanuit die kar

Na ons klein ompad het ons toe die Pongola dam oorgesteek en ons verkyk aan die damwal.  Ons het ook ‘n ent in die pad af ‘n rivier rescue gesien.  So met ons voete na Kosi Baai gedraai het ons op ‘n butterfly dome afgekom.  Natuurlik moes ons toe ‘n vinnige stop maak om dit te sien (die volgende post bevat van die foto’s wat toe geneem is).  Dit was verskriklik lekker om agter vlinders aan te hardloop in ‘n poging om hulle ewig vas te vang op film (ok, memory op ‘n data kaart).
Pongola Poort dam se oop sluise
Die indrukwekkende damwal 
Die paadjie na die butterfly dome

Die dome wat so deur die bos steek.  Kyk of julle A3 kan sien.
Die dome wat so mooi tussen die bosse uitsteek (kyk of julle A3 kan sien)
Ons rus vannaand ons koppe in permanente tente by Utshwayelo.  Dit is ‘n wonderlike plek met baie vriendelike mense en ‘n baie interessante badkamer arrangement… Daar is geen deure nie!  Alhoewel alles bietjie oop is verwag ons dat ons dit baie gaan geniet.

Die buite stort
En deur lose toilet (ongelukkig is daar nie eens 'n occupied bordjie nie)


‘n Vriendelike groete van A1

NS – Laaste gedagte van Swaziland:  Vrienderliker weergawe van rural Suid-Afrika met minder impressive natuurreservate…  Ghost Mountain – Alles wat veronderstel is om “scary” te moet wees is altyd teleurstellend, met ‘n ekstra kick van horrible paaie!  Kosi baai:  Baie nice, wonder waar almal altyd kom bly as hulle op vakansie hiernatoe kom, want hier is nie veel nie… - A3

PNS – ‘n Lang, stadige dag in die kar tot hier. Hier aan gekom, moes ons gou plan maak vir aandete. Ek was rasend. 22 km terug na die dorp en by Boxer kos gekoop. Die ‘donkie’ Texan steak was nie te sleg nie. Môre aand op die menu: die chakalaka wors met 41% meat. Sal maar sien hoe dit gaan. – A2


3 comments:

  1. hehehehehe ek sien vir A3 ja, hy kruip altyd weg of doen iets snaaks, maar sover lyk alles baie lekker - julle moet dit enjoy!!

    ReplyDelete
  2. Sekere mense is seker bly hulle karre is by die huis.Geniet dit

    ReplyDelete
  3. Rerig A2? Dink net aan jou maag!

    ReplyDelete