Thursday, October 17, 2013

Swazi/KZN - Dag 6

So vannaand word hierdie blog opgelaai van ‘n koue nat Isinkwe backpackers af (dit is nou so ‘n ent uit Hluhluwe by die N2 af).  Die dag wat ons tot hier toe gekry het was so ‘n bietjie uitputtend (meestal vir my) en darem so ‘n bietjie educational ook.  Laat ek verduidelik. 

Isinkwe Backpackers buite Hluhluwe
Gelukkig het die wind gaan lê vir ons snorkel trip.  Ongelukkig het die wolke ook net ingerol, wat die visibility so ‘n ietwat swak gemaak het.  Ons is per rubber duck na 2 myl reef gevat waar ons na die duikers in die water in geplons het en probeer het om visse te sien.  Ons het darem so ‘n paar gesien (nie te naby nie) voordat ek die snorkel ekspedisie tot ‘n skielike einde gebring het.  Hoekom vra julle?  Want ek was morsdood seesiek!  Die trippie in oor die golwe was fine en ek het dit baie geniet.  Toe ons brieke aanslaan en daar in die golwe wag sodat die duikers hulle laaste checks kan doen en kan inspring, toe begin dit.  Ek is onder die indruk dat dit beter sal gaan in die water, maar moet dit nie glo nie.  Ek was maar net so seesiek in die water as op die boot.  Terug op die boot het ons die voorreg gehad om ‘n seeskilpad te sien!  Ek is toe oorgehandig aan die eerste boot terug strand toe.  A2 en A3 vertel van ‘n warrelwind trip terug tot op die strand.  Al wat ek kan sê is dat ek net so seesiek op die droë grond was soos ek op die boot was.

Met die snorkel agter die rug het ons in die kar gespring vir Hluhluwe.  Oppad daarheen het ons eers ‘n sho’t right na Zulu Croc geneem.  Die man wat die toer aangebied het was regtig baie goed en dit was ‘n great learning experience.  Al drie van ons het ‘n slang gestreel en A3 was so gaaf om die fotos te neem van die slang vashou (A2 het natuurlik gepoog om die slang in te pak, ongelukkig het die man hom vroegtydig gestop).  Hulle hou ‘n baie groot verskeidenheid krokodille aan (ek het nooit geweet Afrika het 3 soorte nie) en dit was pret om te sien hoe hulle gevoer word.

A2 soek so ene! (Krismis is nie meer ver nie)
Steeds liewer vir Noodle.


Aaaaagh! Monster croc!


En na ‘n bietjie van ‘n detour (tot by die Hluhluwe-Umfolozi Memorial hek) het ons hier geëindig vir die nag.  Die plek se deure is ongelukkig bietjie kleiner as die standaard.  By die ontvangs het hulle ‘n oplossing vir die probleem (‘n verstelbare kosyn!).  Ongelukkig het ons dorm kamer nie dieselfde oplossing nie.  A2 het met so ‘n bietjie van ‘n spoed die deur binnegekom en so ‘n stukkie van homself agtergelaat.  Gelukkig is hy piekfyn en goed ge-Savlon (en sal ons aanhou Savlon om te verseker dat hy nie kennis maak met Natalswere nie). 

So 'n klein bietjie van A2


Ons het ‘n warm, droë plek om te slaap.  A2 het ‘n klein bietjie minder hare, maar hy function fine en lyk glad nie worse for wear nie.
Tot môre dan,
A1

NS. Die boot trip see in was awesome, die float oor die huge duinings was awesome en die snorkel tussen die huge duinings in die water met semi visibility was mediocre.  Ons was wel diver groupies wat al agter hulle aan gefloat het terwyl hulle onder in die water baie meer goed as ons gesien het.  Die rit terug strand toe was redelik rustiger as die uittog in, tot ons naby die strand was en skielik volspoed afgepyl het vir die kus.  Dit was 3 sekondes van nie weet wat gaan gebeur as ons skielik sand begin tref nie, baie lekker though! Ons het darem nie vasgesit vandag nie…  - A3

PPS. Ek’s fine. Net minder hare. Verder kan ek nie onthou wat ek wou sê nie. Sal maar moet sien hoe dinge verder gaan. En die 2 mense wat my toelaat om op hul blog te skryf is rerig vriendelik, ‘n bietjie aan die weird kant maar vriendelik. – B2

4 comments:

  1. Pasop dat die gediertes julle nie in die bosse vang nie. Kan nie glo A3 het ook aan die slang gevat nie. Hoe word A2 nou sommer B2? Is hy so deurmekaar van die stamp. A2 moet oppas dat hy nie infeksie in die wond kry nie, dit kan lelik raak. Wees versigtiger en doen dinge stadiger!

    ReplyDelete
  2. A2 phone home!!!

    ReplyDelete
  3. Shoe lyk my hoe later hoe kwater............ stem saam met A2 se ma, julle moet di wond baie goed oppas of 'n dokter gaan sien want as ek so na die foto kyk sit 'n hele stuk van sy kopvel daar vas, moenie met di wond speel nie, hy sal beslis 'n antibiotika moet kry vir infeksie - veral omdat daar nie geweet word wat word beplan vir die oorblywende dae nie...... Sorgsame ma dink jy werklik A3 het aan di slang gevat " seeing is believing" Ek soek 'n foto dat hy aan die slang gevat het. A3 ek hoop jy het vir jou naarpille ingepak - Seesiek kan 'n mens nie grondsiek ook maak nie - passop wat julle eet!!! maar ja julle journey is interessant en ek hoop julle het nog vet pret, maar asseblief stem saam met sorgsame ma vat dit stadiger ek kyk wat julle doen en geniet xxx

    ReplyDelete
  4. A2, jy moes harder probeer het om daai slang saam terug te bring. Hoop die kop is ok

    ReplyDelete