Monday, October 14, 2013

Swazi/KZN - Dag 1

Soos verwag, het ons laat opgestaan en later aan die gang gekom. A3 se kar, die gekose vervoermiddel moes eers padwaardig gemaak word voor ons die tog kon aanpak. Gelukkig het dit nie te lank gevat voor ons in die pad geval het nie.

Eerste stop: Barberton. Oulike dorpie waarvan die geskiedenis nog duidelik sigbaar is. In 34 ºC plus het ons die dorp te voet aangedurf (dalk nie die beste besluit nie). In die Stopforth museum huis is daar vir ons vertel dat mense in die Victoriaanse era, gebaseer op hul beddens en die hoogte van die deurknoppe, heelwat korter is as wat ons vandag is. Enige iemand daarbuite wat dit glo? Ons doen nie.

Van Barberton na Josefsdal/Bulembo het ons geleer dat A3 se kar verskriklik sukkel teen heuwels uit. Die feit dat ons op pad is na ‘n land met baie heuwels/berge het dinge nie goed laat lyk nie.

By die grens aan gekom, het ons die rustigste grenswagte teëgekom. En dit aan beide kante van die grens.  Van Bulembo na Pigg’s Peak is daar die slegste teerpad wat later in een van die beste grondpaaie morf. Regtig, die grondpad was myle beter as die stukkie teerpad. Van Pigg’s Peak (die dorp) na Pigg’s Peak (die casino) is die pad amper beter as die eintlike besteming. Die casino is regtig teleurstellend. Maar jy kan nie regtig beter verwag nie.

Van Pigg’s Peak na Sondzela (die eindbestemming) via Mbabane was ‘n pratige stuk pad. Die plantasies en huisies langs die pad het ons verwagting van Swaziland heeltemal oortref. Allles is netjies en alles is goed versorg. Die klomp in SA kan hier iets leer.

Eers 7pm by Sondzela aangekom. Aandete: bier, biscotti en Baygon fumes - aangesien ons aandete gemis het. ‘n Baie goeie begin op nog ‘n amazing roadtrip.
Over and out
A2

Meet en pas om die kar gepak te kry

Barberton se eerste stock exhange (daar is regtig nie veel meer oor nie)

Tussen Barberton en die grens.


In Swaziland na die lekkerste border crossing ever!

Douglas Adams was right

NS. Ons het die swembad in die donker aangedurf siende dat ons nie meer die hitte kon hanteer nie.  Dit beteken natuurlik dat ons geen idee het hoe skoon die swembad is nie.  Die feit dat ons die enigstes was wat geswem het moes ons dalk gewaarsku het… - A1

NNS.  Kommentaar kan net gelewer word oor my kar as almal se karre teen dieselfde BERGE getoets was! – A3

NNNS. Die antwoorde op die Lesers Quiz sal korltiks volg.


1 comment:

  1. Lyk baie lekker en interesant - julle 3 is eintlik amazing van 'n ander planeet want wie sou nou aan sulke roadtrips gedink het!!!!! Hoop di karretjie hou teen die bulte en paaie

    ReplyDelete