Dit was bewolk. Dit het so nou en dan gereën. En dit was bewolk...
Ons het die dag by Isinkwe begin. Ons laaste eiers en brood gehad vir ontbyt en in die pad geval na St Lucia. Al langs die pad van Hluhluwe tot in St Lucia het ons elke afdraai gevat om na die meer te kyk, Valsbaai en Charter's Creek. Daar was nie veel om te sien nie, selfs die dierelewe was maar skraps. 'n Paar bosbokke en duikers. Die beste was die voëllewe wat 'n paar arende in gesluit het.
|
Valsbaai - op 'n afstand |
|
Valsbaai - nie op 'n afstand nie |
|
Charter's Creek - ook op 'n afstand |
|
Pragtige voëllewe soos die tarentaal met 'n kappie |
|
A3 wat krokkedille/seekoeie probeer lok, sonder sukses |
|
Nog voëllewe |
Daarna is ons toe na die Cheese Farm, waar hulle kaas maak (rerig!) van bok- en koeimelk. Hulle bied ook toere aan van die proses. Glo my, die toer is nie die geld werd nie. 'n Ou met die wêreld se mees ambisieuse combover lei jou rond in seker 15 minute om 'n bok te melk en om in 'n koelkamer te staan. Dis dit.
|
A3 besig om Eva te molesteer |
|
A2 besig om Eva te molesteer |
(Daar is ongelukkig nie enige bewys van A1 se molestering nie,maar glo my, sy't ook)
Van daar af is ons St Lucia in. Ons is aanhuisig by Stokkiesdraai in die hoofstraat. Ons het ook na die meer gekyk van die Sunset Jetty af. Daar was nie 'n sunset nie, maar ons het iets gesien.
|
Die enigmatiese Lucy van St Lucia Meer (eintlik net 'n seekoei in die verte, en so ver die enigste teken van een) |
Ons was ten minste op die strand gewees vannaand. Ons het besluit om te loop, en raak toe verdwaald in die agterstrate van St Lucia. Kry toe uiteindelik die regte straat. Glo my, die strand is nie eintlik loop afstand van die dorp nie. Dis nogal 'n ent se stap gewees.
En dis maar dit vir die dag. Môre behoort meer opwinding te hê.
High-ho Silver AWAY!!!!!
A2
St. Lucia lyk na 'n baie nice plek, maar die night life op 'n Vrydag aand is maar boring... More aand is daar darem die Oktober- / Beer fest, sal sien hoe dit gaan uitdraai! - A3
Boring dag!!!! A3 jy kan ook maar lekker bly wees die krokodille was nie honger nie of anders het hulle gedink jy is te maar en te veel breins hehehehehe. Glo A/B2 is ok met sy wond!!
ReplyDeleteAs St Lucia niks het om aan te bied nie, is dit duidelik dat julle jul visstokke by die huis vergeet het.
ReplyDeleteA2 moet verslag lewer oor sy wonde. Of 'n foto wys!!