Tuesday, October 15, 2013

Swazi/KZN - Dag 4

‘n Luilekker dag gespandeer op die strand/riviermonding by Kosi baai. Na die warrelwind reis deur Swaziland, het ons besluit om 2 nagte by Kosi baai te spandeer. Dit het ons die kans gegun om vandag rustig te verkeer by die see.

Op ‘n vollerige maag van jogurt, muesli en droë toast het ons begin voorberei op ‘n dag by die strand. Snorkel toerusting gehuur, kos gepak, sonbrand aangesmeer (vir die ligtes van vel onder ons). Maar eers moes ons die 2,5 km tog aan pak van die kamp tot by die strand. ‘n Kronkel sand paaitjie wat net geskik is vir 4x4 of 2x2 (m.a.w. te voet). Aangesien ons braaf is, het ons dit te voet aangepak.

Eerste ordentlike uitsig van die see

‘n Lekker stappie af strand toe. Baie mooi uitsigte van die rivier en die visstrikke in die rivier gehad in die loop in die pad af. Na 45 minute het ons uiteindelik by die strand  gekom. Eintlik net tot by die riviermond. Nou moes ons deur die rivier om tot by die strand te kom. Gelukkig was dit net na laag gety gewees, so dit was redelik maklik.

Elke spoor wat jy verloor, laat jou met een minder oor - A3

View of the lagoon.
By die strand aangekom, het ons probeer snorkel, maar die see was so rof en ons kon niks kry om na te kyk nie, toe gee ons dit maar op as ‘n slegte job. Toe baljaar ons maar in die branders. Ons loop toe na die mond van die rivier en let toe op dat die gety al heelwat in gekom het. Ons besluit toe om terug te gaan na die ander kant van die rivier. En dis waar die moeilikheid begin het.

Met die eerste oogopslag het ons al die probleem gesien. Die rivier wat kniediep was toe ons aangekom het, was nou nie meer kniediep nie. Ons probeer toe om nie te nat te word in die proses om terug te kom nie, en het probeer om die vlakste gedeeltes te kies. Dit het nie altyd gewerk nie. Ons het op een plek maar deur geswem, A3 het terug geswem om A1 se rugsak oor te karwei. Dit was amper soos die kopkrapper oor die tier, die bok en die koolkop wat oor die rivier moet gaan.

Amper soos 'n Victoriaanse safari.



Na middagete het ons toe maar aan die kant van die rivier gebly. Ons loop toe maar terug op teen die bult na die kamp, en A3 besluit ons moet eerder die kortpad probeer. Die beespaaitjie wat die locals gebruik. Baie korter op boontoe, maar nie so maklik soos die ander pad nie.


Ons besluit toe om na Kosi Baai Kamp te gaan kyk, wat aan die ander kant van die monding is. Nie 500 m af op die pad nie, of A3 se kar gaan sit vas in die sagte sand. Sand weg gegrawe, takke in gesit, en nie 10 minute later nie, toe is ons uit. Maar nie meer op pad Kosi Bai Kamp toe nie. Die res van die dag maar toe rondgelê en sleg wees.

Hou die revs hoog, A3!

Die dag afgesluit met die ‘wonder’ wors vir aandete (Wonder of dit vleis is, wonder watter vleis dit is). Dit het toe nie te sleg uitgedraai nie. Luister nou na A1 en A3 stry oor Go Fish reëls terwyl ek die tik. Nogal snaaks dat niemand eintlik die reëls ken nie.

Up Up and Away…
A2


NS. Ons kamp plek is skielik over run met buitelanders (britse skool kinders, nieu-seelander en sy ex pat meisie) en ‘n paar funny locals (vrou met haar hond en ooms wat gaan visvang in mosambiek).  Toe ons die plek vir ons self gehad het was dit veel beter! – A3

3 comments:

  1. Dit klink sommer baie avontuurlik - gelukkig weet julle nie van al die krokodille wat le en wag dat dit hoogwater word vir die locals om deur te swem nie - hehehehe het julle al gesien hoe hardloop A! A2 en A3 op die water................ Passop by St Lucia - dieselfde daar

    ReplyDelete
  2. Liewer Bangjan as dooie JanOctober 16, 2013 at 10:16 PM

    Daar kan ander gediertes wees wat aan julle kan kou, so wees op die uitkyk vir seekoeie in riviere. Dit is veral in St Lucia wat mense aangeval word, so bly weg van die riviere!!!
    Geniet julle reis en hou matigheid voor oë.

    ReplyDelete
  3. Julle moet maar fietse aanskaf vir daai 2x2 padjies. Hou van die Heuwels quote!!!

    ReplyDelete