Sunday, October 20, 2013

Swazi/KZN - Dag 9

A3 grawe sand om die wiel uit

Jip! Dit is heeltemal korrek! Daardie is A3 besig om die kar se wiel uit te grawe.  Ons het alweer vasgeval.  Ons wil regtig net nie leer nie.  Die dag vir die arme Chev het vroeg begin (omdat ons nie die R200per uur laat check-out fooi wou betaal nie).  Die pad na die Butterfly Dome was nie weer so lank nie en die Chev moes maar net ‘n paar gate navigate.

Is hy nie net pragtig nie!
In die Dome het ek heel lekker skoenlappers verewig.  Selfs A2 het hierdie keer saam ingespring (nie dat hy skoenlappers afgeneem het nie, o , nee, hy het al die ander goggo’s staan en afneem!).  Hierdie Dome het die mooiste, grootste skoenlappers in gehad, ‘n verskeidenheid ander goggo’s en een paddatjie!  Ek dink dat die mense wat die Butterfly Dome konsep uitgedink het ‘n treffer beet het.

Skoenlapper in die Dome



Terug op die teer pad opsoek na die Cape St Lucia vuurtoring.  Die kaart het vir ons vals versekering gegee, volgens die kaart is dit al die pad teer.  Toe nie so nie.  Die aanduidings is ook nie so wat wonders nie.  Volgende wat ons sien is ons besig om die Chev deur ‘n modderigie paadjie Mphalelane toe te stuur.  Gelukkig het ‘n paar manne in ‘n 4x4 ons van voor af teë gekom en ons gewaarsku wat voorlê.  Hulle het ook toe die pad na die vuurtoring geken en ons op die regte spoor geplaas.

Die modder paadjie

A2 verwyder 'n boom uit die pad uit


Op na die vuurtoring by Cape St Lucia was daar gelukkig geen voorval nie.  Ongelukkig, daar gekom (na ‘n 2 uur grond pad gesukkel) is die hekke teen ons gegrendel.  Ons het so ‘n bietjie te voet offroad om die heining probeer kom om die uitsig te sien.  Dit was glad nie te suksesvol nie, maar dit het gelukkig aandag getrek.  Na ‘n bietjie swaai van sy silwer tong het A2 ons agter die grendels en teen die ligtoring uit gepraat.  Die uitsig was pragtig en ons sou nogal graag na die strand wou gaan.

Cape St Lucia se vuurtoring


Teen die heuwel af, toe steek die arme Chev vas, en hoe.  Ons drie sit toe op ‘n Sondag middag en grawe wiele uit.  Die middelman is so hoog gewees dat die onderkant van die kar vasgesteek het in die sand.  Dit is baie werk om sand van die kante af onder ‘n kar uit te probeer kry!  Na so ‘n bietjie hulp is die Chev weer aan die beweeg en het ons die pad gaan soek na Richardsbaai.  Die pad wat ons eindelik tot in die dorp gekry het was ‘n wonderlike teer pad, dit was net nêrens op ‘n kaart nie.  Dit het natuurlik verskriklik baie stryery afgegee oor waar ons spesifiek is en of ons regtig oppad is na Richardsbaai.

In Richardsbaai het ons ‘n pyl gesny vir die strand sodat die sand wat opgedoen was afgewas kon word.  Alkantstrand lyk baie aangenaam en ons sien uit om môre so ‘n bietjie te gaan swem.  Ons het toe in die middel van nêrens gaan parkeer en begin bel vir verblyf (want dis “awkward om net in te val en te vra” – A3).  Dit het gemaak dat ons baie gemaklik in die Protea Hotel se budget hotel slaap vannaand.
Ons by Alkantstrand ('n blouvlag strand)

A1

PS. Vannaand het ek uiteindelik ‘n Guinness in die hande gekry, wat ek nou al seker 2 weke na smag. ‘n Heerlike seekos platter gehad by Jack’s on the Bay by die waterfront. Interessante feit, Richardsbaai het 3 Protea hotelle. En dis sonder die budget een waar ons vannaand slaap. – A2


My kar is vol sand, binne en buite – orals!  En ons het amper in ‘n slang in vasgeloop terwyl ons gebundu bash het om die vuurtoring kompleks.  En ek het nie my varkies verloor nie, gister aand se magnum voorval was nie eers ek nie, fraudulent behaviour van A1… - A3

5 comments:

  1. Tipies A3! Blame the weakest and smallest of the group! Ja, ek weet sy is al lankal van haar varkies beroof.

    ReplyDelete
  2. Hoe later hoe kwater met di arme karretjie - Hierdie ma bid maar net dat die kar nog darem 'n jaar of wat sou hou of dit gaan n baie goeie advertensie vir CHEV wees - as hy langer gaan hou. hoop jy het al di sand af en uit anders gaan di ou karretjie so vinnig vanonder af deur roes na bo!!!!! Sterkte hoop julle het nie die weer wat ons het nie en dat julle by swem gaan uitkom....... maar geniet die swem en see - Richardsbaai is 'n great plek.......

    ReplyDelete
    Replies
    1. Mos gese julle moet die banddruk verminder na 1 bar.

      Delete
  3. Jammer maar die paddatjie wen by verre - A3 jy kon vir my so 'n Pietie saam gebring het!!

    ReplyDelete
  4. Sjoe, die arme kar! Julle wil ook nie leer om eers uit te vind van die paaie nie. Die sandpaaie is darem seker nou van die verlede. die Chev het 'n goeie skoonmaak nodig as julle eers by die huis is. Sou dink dat A2 eerder die ander goggas sal afneem. Al gewonder hoe kuier julle by die see en nog nie vis ge-eet nie Ons kry uiteindelik ook reën. Hoop die weer hou vir julle hoewel die temperatuur daar laer as by ons is. Geniet die laaste paar dae.

    ReplyDelete