Monday, October 14, 2013

Swazi/KZN - Dag 2

Ons het ontwaak by Sondzela backpackers, in die Mlilwane natuureservaat, van die een ekstreem in die volgende in.  Die vorige dag se hittegolf van 42 °C het skielik omgeswaai in ‘n koue bewolkte dag.  Ontbyt:  twee stukke roosterbrood, twee eiers en “Swazi porridge” vir die meer avontuurlustiges, eintlik maar net mielie pap, gemaak deur ‘n Swazi vrou...  Ingeboek vir ‘n 2-uur lange roete deur die natuurreservaat te perd het ons die kar gepak en na die hoofkamp vertrek. 

A1 was gesaal op Mlilo (Fire), A2 op Moon en ek op Sibaya.  Wild wat te siene was sluit in Sebra, Vlakvarke, Koedoe, Blesbokke, Waterbokke en nog ‘n paar voëlsoorte.  Die roete het ook darem ‘n paar steil bulte, afdraendes en rivier oorgange ingesluit wat die beginner vaardighede in perdry van A2 en myself getoets het.  Dit het veral interessant geraak soos die perde gereëld teen die afdraendes aan die gallop gegaan het.



Sibaya stall voor water! En gaan van roete af!

Attempt op groep foto met Sebra in agtergrond...

Maak dit sin vir iemand anders??


Dit was heel vrolik na die perdrit totdat ek ‘n skielike allergiese aanval op my gesig begin ontwikkel het wat my hele gesig, nek en kop laat begin jeuk het en aan die brand laat voel het.  Gelukkig het A2 antihistamien pille gehad a.g.v. sy kat allergie.  Dankie Cosmo!

Die res van die dag het bestaan uit middagete by die Pub and Grill in Ezulwini en die rit verder deur Swaziland deur Big Bend (waar net suikerlande en ‘n suikerfabriek is) tot by ons volgende eindbestemming, Nisela, ‘n natuurreservaat tussen die hoofweg wat grens toe loop en die grens self.  ‘n Baie aangename plek met ‘n mooi restaurant en deck wat uitkyk oor hul dammetjie wat glo krokodille bevat en ‘n stel rotse met ‘n wilde stroom water wat teen hulle afspuit.  Ons bespiegel nog of dit veronderstel was om ‘n water feature, ‘n river ride of ‘n punt is wat die dam moet volmaak.  Ons het op die deck sondonnertjies geniet.  Ongelukkig het hulle vir ons Shayne Ward gespeel as musiek, ek is seker as ons al drie tienermeisies was sou ons dit vreeslik geniet het.  Die verblyf vir die aand, ‘n bee-hive hut met ‘n deur waardeur ‘n hobbit nie eers sal pas nie.  Al afleiding wat ons kan maak na gister se uitstekende les in Victoriaanse fisiologiese geskiedenis is dat die Swazi mense selfs nog kleiner was…

A3, tot volgende keer!

Almal by die "Bee-Hive" hut.

PS. Yay!  A2 het vandag nie weer die vrouens badkamers gebruik nie.  Ons sal sien hoe lank hy kan volhou.  En dan het A3 vergeet om te noem hoe sy Sibaya elke keer gestall het voordat ons deur die rivier gegaan het.– A1

NPS. Ek het dit een keer gedoen, mense. Bou ‘n brug. Net een ding, elk is of te swaar vir Moon gewees, of dit was die stadigste perd onder die son!!! – A2

PNPS – Die antwoord op die eerste vraag van die Lesers Quiz. Kyk self!!!


Skoene - A2. Tasse - A3.  Anonymous was korrek!

3 comments:

  1. Ek geniet julle toer vreeslik en dit lyk baie lekker - So A3 jy is allergies vir prerde ook - baie interessant

    ReplyDelete
  2. Hehehe! Ek ken julle drie te goed. En A1 het haarself uitgeskakel, want sy het die kommentaar gemaak.

    ReplyDelete
  3. Great and I have a nifty supply: How Much Home Renovation Cost remodel garage into living space

    ReplyDelete