Wednesday, October 23, 2013

Swazi/KZN - Dag 11 en final thoughts...

Die pad is agter ons met nog 'n reis van 'n week en 'n half wat verby is.  Die finale dag was die koudste, net soos die eerste dag die warmste was.  Ons was uit golf view lodge, in Melmoth, in 'n temperatuur van 11 °C op die pad na Vryheid.  Daar het ons gestop by my tan San vir 'n laat oggend kuier sessie met koffie en pizza.  Twee ure later het ons weer op die pad geval en aangeskiet na Piet Retief, gevolf geur Badplaas, Machadodorp en terug by Ngodwana.

Koue op dag 11

One het net een stop gehad vir die dag, in Vryheid, en dus is daar nie veel meer om te vertel nie.  Die enigste kommentaar om te lewer is dat die pad wat ons gery het baie mooi was en nie te sleg gery het nie.

Totale afstand afgelê:  2325 km oor 11 dae.
Petrol ingegooi:  167 L (3 keer by Total ingegooi en een keer by Sasol).
Meeste views op die blog in een dag:  19 Oktober, 101 views.
Wenner van butterfly kompetisie:  A3, met 70 % van die stemme.

Ek het vandag my laaste af dag gespandeer om die Chev weer in order te kry.  Sy wiele is geroteer, gebalanseer en ge-align  Hy is gewas van bo tot onder - buitekant gewas, binnekant gestofsuig en skoongemaak, enjin gewas asook gelig om die chassis te was (was van half elf tot half vyf weg gewees...)

A1 en A3 is 10 uur uit Ngodwana uit terug na Secunda en Johannersburg.  A2 en ek begin weer werk en A1 het haar Visual Basic eksamen by Unisa more - Good luck A1!!

Tot volgende keer is ons storie vir eers weer uit.


Groete,
A3.

Hele roete wat ons gegaan het.




Some unseen footage:


A1 oor die laggon in Sodwana.
Afspoel bad in Sodwana.
My vuil bene nadat ons 'n staproete in Sodwana gedoen het.
KZN en hulle bananas!! :)


Snacks op die boot op St Lucia estuary.

Groep foto op aerial boardwalk in Hluhluwe.
Groep foto by False baai naby St Lucia.

Monday, October 21, 2013

Swazi/KZN - Dag 10

Vanoggend het rustig begin met lieflike sonskyn weer. Ontbyt by die Wimpy in R-bay (dis ‘n ding, apparently). Nou nie my gunsteling nie, maar eetbaar. Direk na ontbyt is ons terug Alkantstrand toe om roomys op die strand te gaan eet. Terwyl ons ontbyt genuttig het, het die weer begin draai. Dit het begin toetrek. Teen die tyd wat ons by die strand gekom het, was dit heel bewolk gewees. Lekker weer vir langs die strand tap, maar nie vir swem nie (arme A3!).

Al langs die strand afgestap tot by die punt. Ongelukkig soos enige strand is daar altyd nog ‘n punt in die verte, na jy by die punt gekom het. A1 en A3 het, soos gewoonlik agter gedrentel en allerhande goed op getel. Elkeen het met hande vol skulpe, jammer ek bedoel klippe teruggekom. Ek het ook ingegee tot my hoarding instinkte en met ‘n paar stukkies seeglas teruggekom.
 
Vanaf hawe na punt

Vanaf punt na hawe

Pad gevat van R-bay na Eshowe toe. Net so buite Eshowe het A3 vooruit gebel om verblyf te bespreek by Zululand Backpackers. Net om met ‘n skok uit te vind, dis net vir buitelanders. Besluit net daar dat aangesien dit hul houding is ons maar in ‘n ander dorp sal soek vir verblyf. In Eshowe is ons na die Dlinza Forest Aerial Boardwalk, om tussen die blare en voëls uit te hang.

Uitsig oor Dlinza Woud

Groot organismes van Dlizna

Klein organismes van Dlinza


Nie ‘n baie indrukwekkende boardwalk nie. Net ‘n 100 m of so se board walk, redelik hoog tussen die bome in, wat eindig in ‘n toring wat uit klim tot bo die blare dak. Wonderlike uitsigte oor die woud en die omgewing.

Van daar is ons op die langer(1.8 km) van 2 stap roetes (1.8 en 1.3 km) wat hulle ook in die woud het. Die roete is heel rustig tot die 2 roetes paaie skei. Die langer een gaan dan 2 keer deur ‘n stroompie en klim op en af teen die hange van die kloof. By die tweede river crossing is waar ek toe so bietjie grond gekoop het. Maar het nie eers modder op my gekry nie.

My eiendom in Dlinza


Na die stap deur die woud moes ek toe verblyf reël. Kry toe vir ons plek in die Golf View Lodge in Melmoth vir goedkoop met etes ingesluit. So dis ons laaste stop vir die roadtrip.

Fluit fluit, my storie is uit
A2

PS. Die tweede ergste ding onder die son is ‘n ginger. Die ergste is ‘n ginger in denial. A3 het vannaand soos ek die blog begin tik, geerken hy’s ginger. Alhoewel sy baard dit elke dag uitspel. – A2


PPS. Nie ginger nie – A3.

Thought of the Day

Sunday, October 20, 2013

Swazi/KZN - Dag 9

A3 grawe sand om die wiel uit

Jip! Dit is heeltemal korrek! Daardie is A3 besig om die kar se wiel uit te grawe.  Ons het alweer vasgeval.  Ons wil regtig net nie leer nie.  Die dag vir die arme Chev het vroeg begin (omdat ons nie die R200per uur laat check-out fooi wou betaal nie).  Die pad na die Butterfly Dome was nie weer so lank nie en die Chev moes maar net ‘n paar gate navigate.

Is hy nie net pragtig nie!
In die Dome het ek heel lekker skoenlappers verewig.  Selfs A2 het hierdie keer saam ingespring (nie dat hy skoenlappers afgeneem het nie, o , nee, hy het al die ander goggo’s staan en afneem!).  Hierdie Dome het die mooiste, grootste skoenlappers in gehad, ‘n verskeidenheid ander goggo’s en een paddatjie!  Ek dink dat die mense wat die Butterfly Dome konsep uitgedink het ‘n treffer beet het.

Skoenlapper in die Dome



Terug op die teer pad opsoek na die Cape St Lucia vuurtoring.  Die kaart het vir ons vals versekering gegee, volgens die kaart is dit al die pad teer.  Toe nie so nie.  Die aanduidings is ook nie so wat wonders nie.  Volgende wat ons sien is ons besig om die Chev deur ‘n modderigie paadjie Mphalelane toe te stuur.  Gelukkig het ‘n paar manne in ‘n 4x4 ons van voor af teë gekom en ons gewaarsku wat voorlê.  Hulle het ook toe die pad na die vuurtoring geken en ons op die regte spoor geplaas.

Die modder paadjie

A2 verwyder 'n boom uit die pad uit


Op na die vuurtoring by Cape St Lucia was daar gelukkig geen voorval nie.  Ongelukkig, daar gekom (na ‘n 2 uur grond pad gesukkel) is die hekke teen ons gegrendel.  Ons het so ‘n bietjie te voet offroad om die heining probeer kom om die uitsig te sien.  Dit was glad nie te suksesvol nie, maar dit het gelukkig aandag getrek.  Na ‘n bietjie swaai van sy silwer tong het A2 ons agter die grendels en teen die ligtoring uit gepraat.  Die uitsig was pragtig en ons sou nogal graag na die strand wou gaan.

Cape St Lucia se vuurtoring


Teen die heuwel af, toe steek die arme Chev vas, en hoe.  Ons drie sit toe op ‘n Sondag middag en grawe wiele uit.  Die middelman is so hoog gewees dat die onderkant van die kar vasgesteek het in die sand.  Dit is baie werk om sand van die kante af onder ‘n kar uit te probeer kry!  Na so ‘n bietjie hulp is die Chev weer aan die beweeg en het ons die pad gaan soek na Richardsbaai.  Die pad wat ons eindelik tot in die dorp gekry het was ‘n wonderlike teer pad, dit was net nêrens op ‘n kaart nie.  Dit het natuurlik verskriklik baie stryery afgegee oor waar ons spesifiek is en of ons regtig oppad is na Richardsbaai.

In Richardsbaai het ons ‘n pyl gesny vir die strand sodat die sand wat opgedoen was afgewas kon word.  Alkantstrand lyk baie aangenaam en ons sien uit om môre so ‘n bietjie te gaan swem.  Ons het toe in die middel van nêrens gaan parkeer en begin bel vir verblyf (want dis “awkward om net in te val en te vra” – A3).  Dit het gemaak dat ons baie gemaklik in die Protea Hotel se budget hotel slaap vannaand.
Ons by Alkantstrand ('n blouvlag strand)

A1

PS. Vannaand het ek uiteindelik ‘n Guinness in die hande gekry, wat ek nou al seker 2 weke na smag. ‘n Heerlike seekos platter gehad by Jack’s on the Bay by die waterfront. Interessante feit, Richardsbaai het 3 Protea hotelle. En dis sonder die budget een waar ons vannaand slaap. – A2


My kar is vol sand, binne en buite – orals!  En ons het amper in ‘n slang in vasgeloop terwyl ons gebundu bash het om die vuurtoring kompleks.  En ek het nie my varkies verloor nie, gister aand se magnum voorval was nie eers ek nie, fraudulent behaviour van A1… - A3

Saturday, October 19, 2013

Swazi/KZN - Dag 8

Vanaand is ons almal … zzzzzzzz … na ‘n vinnige en vol dag.  Vroeg oggend het ons gejaag om betyds by die kayak launch punt te kom vir ons 2 uur kayak safari op die St. Lucia Estuary.  Vir die wat nie weet nie, ‘n estuary is ‘n gedeeltelike geslote sout water sisteem met vars water riviere wat in hom in vloei en ‘n konneksie met die see. 

‘n Groepie van 4 jong buitelanders het by ons aangesluit vir die kayak ekspidisie.  A1 en A2 het saam geroei en ek het saam met die guide se saamsleepsel in ‘n boot beland.  Ons sê maar net ek het baie hard gewerk vir twee ure om ons op koers en by die ander te gehou het.  Die rit was lekker, so deur die reën wat gekom en gaan het oor ons.  Ons het ongelukkig geen krokkedille of seekoeie gesien terwyl ons geroei het nie, wat die ekspidiesie effens na ‘n mislukking laat voel het.  Die finale opinie oor die kayaking:  Lekker maar nie die geld wat hulle vra werd nie, veral nie met die “snacks en drinks” wat saam met dit gegee was nie.

Kayak stoor van waari ons begin het.

Na die roei het almal gou gestort en kon ons uiteindelik ontbyt/lunch eet 1 uur die middag.  Ongelukkig het ons ‘n halfuur voor die kayak begin het opgestaan en uitgevind daarvan, so daar was nie tyd vir ontbyt nie…  Na middagete het ons die beer festival gaan uitkyk wat by die ski boat klub van St. Lucia gehou was.  Ons het tot by die deur gekom en gesien hulle vra R40 entry en dat daar nie veel aangegaan het nie.  Ons het toe besluit dat ons nie verder geld gaan mors nie en dit ‘n skip gee.  Ons het toe gaan stap vir 2 ure op die St. Lucia strand.  Die see en branders van St. Lucia is impressive en ons verwag dat ‘n OMO sindikaat daar was en veroorsaak het dat die see so effens oormatig geskuim het.  Die strand aan die ander kant is maar vaal en nie veel vir die oog nie, nie nadat jy ‘n paar dae terug op die pragtige strand van Sodwana baai gestap het nie. 

Skuim op die see (Dooie meermin?)
Uitverspoelde jelly vis (Alien ?)



Teen die eindpunt op die strand, waar die Mfolozi rivier in die see in loop moes ons omdraai en sprint terug kar toe.  4 uur was ons ingebook vir die Santa Lucia boot rit op Noord in die estuary in – op soek na die groot populasies krokkedille en seekoeie wat oral geadverteer word en wat ons nog niks van gesien het nie.  By die jetty waar die rit begin was nogal snaakse kuns uitgestal (fotos onder), duidelik kan enigiets gemaak en uitgestal word solank dit as kuns geklassifiseer word...  Net nadat ons begin het was die eerste seekoeie gesien, en kort daarna nog en nie te lank later nie nog!  Seekoeie was orals te siene - aan die ander kant van die brug waar ons vroeër die oggend omgedraai het met die kayaks. Ons was ook gelukkig genoeg om 'n female giant kingfisher te sien.  So na ‘n uur van seekoeie kyk het die boot ook sy omdraai punt bereik en het ons die bar en snack verkoop punt op die boot aangeval vir verversings vir die lang pad terug.  Teen die einde net voordat ons die jetty bereik het, het ons ook gelukkig ‘n enkele krokkedil gesien swem langs die oewer van die estuary.  80 % van SA se krokkedil populasie kom glo voor in die St. Lucia area – ons het een gesien, so m.a.w. daar is 1.25 krokkedille in die land.  Wonder waar die 0.25 rond lê.

Santa Lucia boot.

Ons op die boot.

Kuns 1 - nog OK.

Kuns 2 - Net so effens WEIRD, of hoe?

Giant Kingfisher.

Seekoei gaap groot, vra vir 'n Chomp?

Jong seekoei.

Na gister was vandag redelik uitputtend en beplan ons om môre aan te beweeg na Richerdsbaai.  Ons het die naglewe van St. Lucia gevind vanaand – en toe maar net aanbeweeg.  St. Lucia het interessante mense.


A3

Magnum! Magnum! Magnum! Magnum! Magnum! JMagnum! Magnum! Magnum! Magnum! Magnum!

Friday, October 18, 2013

Swazi/KZN - Dag 7

Dit was bewolk. Dit het so nou en dan gereën. En dit was bewolk...

Ons het die dag by Isinkwe begin. Ons laaste eiers en brood gehad vir ontbyt en in die pad geval na St Lucia. Al langs die pad van Hluhluwe tot in St Lucia het ons elke afdraai gevat om na die meer te kyk, Valsbaai en Charter's Creek. Daar was nie veel om te sien nie, selfs die dierelewe was maar skraps. 'n Paar bosbokke en duikers. Die beste was die voëllewe wat 'n paar arende in gesluit het.

Valsbaai - op 'n afstand

Valsbaai - nie op 'n afstand nie

Charter's Creek - ook op 'n afstand

Pragtige voëllewe soos die tarentaal met 'n kappie

A3 wat krokkedille/seekoeie probeer lok, sonder sukses

Nog voëllewe
Daarna is ons toe na die Cheese Farm, waar hulle kaas maak (rerig!) van bok- en koeimelk. Hulle bied ook toere aan van die proses. Glo my, die toer is nie die geld werd nie. 'n Ou met die wêreld se mees ambisieuse combover lei jou rond in seker 15 minute om 'n bok te melk en om in 'n koelkamer te staan. Dis dit.

A3 besig om Eva te molesteer

A2 besig om Eva te molesteer
(Daar is ongelukkig nie enige bewys van A1 se molestering nie,maar glo my, sy't ook)

Van daar af is ons St Lucia in. Ons is aanhuisig by Stokkiesdraai in die hoofstraat. Ons het ook na die meer gekyk van die Sunset Jetty af. Daar was nie 'n sunset nie, maar ons het iets gesien.

Die enigmatiese Lucy van St Lucia Meer (eintlik net 'n seekoei in die verte, en so ver die enigste teken van een)

Ons was ten minste op die strand gewees vannaand. Ons het besluit om te loop, en raak toe verdwaald in die agterstrate van St Lucia. Kry toe uiteindelik die regte straat. Glo my, die strand is nie eintlik loop afstand van die dorp nie. Dis nogal 'n ent se stap gewees.

En dis maar dit vir die dag. Môre behoort meer opwinding te hê.

High-ho Silver AWAY!!!!!
A2

St. Lucia lyk na 'n baie nice plek, maar die night life op 'n Vrydag aand is maar boring...  More aand is daar darem die Oktober- / Beer fest, sal sien hoe dit gaan uitdraai! - A3

Thursday, October 17, 2013

Swazi/KZN - Dag 6

So vannaand word hierdie blog opgelaai van ‘n koue nat Isinkwe backpackers af (dit is nou so ‘n ent uit Hluhluwe by die N2 af).  Die dag wat ons tot hier toe gekry het was so ‘n bietjie uitputtend (meestal vir my) en darem so ‘n bietjie educational ook.  Laat ek verduidelik. 

Isinkwe Backpackers buite Hluhluwe
Gelukkig het die wind gaan lê vir ons snorkel trip.  Ongelukkig het die wolke ook net ingerol, wat die visibility so ‘n ietwat swak gemaak het.  Ons is per rubber duck na 2 myl reef gevat waar ons na die duikers in die water in geplons het en probeer het om visse te sien.  Ons het darem so ‘n paar gesien (nie te naby nie) voordat ek die snorkel ekspedisie tot ‘n skielike einde gebring het.  Hoekom vra julle?  Want ek was morsdood seesiek!  Die trippie in oor die golwe was fine en ek het dit baie geniet.  Toe ons brieke aanslaan en daar in die golwe wag sodat die duikers hulle laaste checks kan doen en kan inspring, toe begin dit.  Ek is onder die indruk dat dit beter sal gaan in die water, maar moet dit nie glo nie.  Ek was maar net so seesiek in die water as op die boot.  Terug op die boot het ons die voorreg gehad om ‘n seeskilpad te sien!  Ek is toe oorgehandig aan die eerste boot terug strand toe.  A2 en A3 vertel van ‘n warrelwind trip terug tot op die strand.  Al wat ek kan sê is dat ek net so seesiek op die droë grond was soos ek op die boot was.

Met die snorkel agter die rug het ons in die kar gespring vir Hluhluwe.  Oppad daarheen het ons eers ‘n sho’t right na Zulu Croc geneem.  Die man wat die toer aangebied het was regtig baie goed en dit was ‘n great learning experience.  Al drie van ons het ‘n slang gestreel en A3 was so gaaf om die fotos te neem van die slang vashou (A2 het natuurlik gepoog om die slang in te pak, ongelukkig het die man hom vroegtydig gestop).  Hulle hou ‘n baie groot verskeidenheid krokodille aan (ek het nooit geweet Afrika het 3 soorte nie) en dit was pret om te sien hoe hulle gevoer word.

A2 soek so ene! (Krismis is nie meer ver nie)
Steeds liewer vir Noodle.


Aaaaagh! Monster croc!


En na ‘n bietjie van ‘n detour (tot by die Hluhluwe-Umfolozi Memorial hek) het ons hier geëindig vir die nag.  Die plek se deure is ongelukkig bietjie kleiner as die standaard.  By die ontvangs het hulle ‘n oplossing vir die probleem (‘n verstelbare kosyn!).  Ongelukkig het ons dorm kamer nie dieselfde oplossing nie.  A2 het met so ‘n bietjie van ‘n spoed die deur binnegekom en so ‘n stukkie van homself agtergelaat.  Gelukkig is hy piekfyn en goed ge-Savlon (en sal ons aanhou Savlon om te verseker dat hy nie kennis maak met Natalswere nie). 

So 'n klein bietjie van A2


Ons het ‘n warm, droë plek om te slaap.  A2 het ‘n klein bietjie minder hare, maar hy function fine en lyk glad nie worse for wear nie.
Tot môre dan,
A1

NS. Die boot trip see in was awesome, die float oor die huge duinings was awesome en die snorkel tussen die huge duinings in die water met semi visibility was mediocre.  Ons was wel diver groupies wat al agter hulle aan gefloat het terwyl hulle onder in die water baie meer goed as ons gesien het.  Die rit terug strand toe was redelik rustiger as die uittog in, tot ons naby die strand was en skielik volspoed afgepyl het vir die kus.  Dit was 3 sekondes van nie weet wat gaan gebeur as ons skielik sand begin tref nie, baie lekker though! Ons het darem nie vasgesit vandag nie…  - A3

PPS. Ek’s fine. Net minder hare. Verder kan ek nie onthou wat ek wou sê nie. Sal maar moet sien hoe dinge verder gaan. En die 2 mense wat my toelaat om op hul blog te skryf is rerig vriendelik, ‘n bietjie aan die weird kant maar vriendelik. – B2

Wednesday, October 16, 2013

Swazi/KZN - Dag 5


Ek en A2 het vanoggend die plesier gehad om wakker te geword het met die geneul van A1 buitekant ons tent deur.  Sy het die gewoonte om 6 uur wakker te word en 5 minute later honger te wees, so dan wend sy haar beste poging aan om die res van ons op te kry sodat sy kan eet.  So die uiteinde: sy loop op en af voor ons tent deur soos 'n kat wat haarself hoorbaar wil maak! :)

Ons was op teen half 9, ontbyt klaar en gepak en op die pad teen 10 uur na Sodwana.  Die pad na Sodwana was kort en daar was nie veel om te sien nie - tensy jy 'n 4x4 besit wat jou sal toelaat om na die Coastal Forrest Reserve toe te gaan en die plekke op die oewer van die Sibaya meer te gaan besigtig.  Let wel, ons het steeds probeer ... en weer vasgesit ... in die sand...

Sodwana is klein met baie verblyf en so paar eetplekke/kuierplekke waarvan ons eerste keuse vir middagete toe was en eers weer môre oop sal wees, so middagete was by die local "Maak 'n Jol" restaurant en kuierplek.  Ons eerste poging om die strand te gaan besigtig het nie goed afgeloop nie, die wind was baie sterk en jy was aangeval deur sand wat soos bullets op jou afgepyl het.  Na 'n vinnige stappie het ons aangery en op ons verblyf vir die aand afgekom wat gelukkig nog plek oop gehad het.  Die Coastal Divers - Sodwana Bay is waar ons stop vanaand.  Baie impressive plek wat seker elke diver se droom is.  Hulle bied elke soort opleiding aan vir duikers en gaan elke dag uit see toe na 'n paar van die 33 duikpunte in die nabye omgewing - maak my self skoon lus om my werk te bedank en vir 'n jaar hier te kom bly om die volle opleiding te kry...
Dit is winderig op die strand!


Ons verbly vir vanaand.


 Ons het vir 'n laatmiddag stappie gegaan op die Ngoboseleni staproete.  5 km lank en kan tot 3 ure neem teen 'n "leisurely pace" - siende dat ons half vier die middag eers aan die stap was het ons effens vinniger gestap en dit in net oor 'n uur klaar gemaak.  Ons het nooit by die cycads of by die sea view uitgekom nie (soos gemerk op die roete kaart), maar andersins is die roete heel aangenaam en goed gemerk.  Asof ons nog nie ver genoeg gestap het nie is ons daarna terug strand toe en het ordentelik gaan stap op die strand siende dat die wind minder gewaai het.  Sodwana het verseker 'n baie mooi strand.

Staproete.


Strand stap - take 2.

Sonsondergang op die strand.

So plan van aksie vir môre is om tien uur saam met die duikboot uit te gaan na die "2 Mile" riwwe en daar te snorkel terwyl onder ons geduik word, as die wind ons hopeluk sal toelaat.  En dan sal ons verder aan beweeg na Hluhluwe.  Ek het vanaand die opelug stort van ons kamp by Kosi baai gemis.

Groete,
A3.

NS.  Fun trivia vir vandag, siende dat "Anonymous" (J-A-N-I-N-E) ons so goed ken:  Wie as daar op die strand gestap word stap reguit en aanhoudend oor die klam sand, wie stap al langs die uitspoel area van die strand opsoek na treasures en wie ploeter al in die water sover ons gaan?

NNS Raai wie gaan van nou af rede hê om te kla dat hulle vroeg wakker gemaak word...