|
A3 grawe sand om die wiel uit |
Jip! Dit is heeltemal korrek! Daardie is A3
besig om die kar se wiel uit te grawe.
Ons het alweer vasgeval. Ons wil
regtig net nie leer nie. Die dag vir die
arme Chev het vroeg begin (omdat ons nie die R200per uur laat check-out fooi
wou betaal nie). Die pad na die
Butterfly Dome was nie weer so lank nie en die Chev moes maar net ‘n paar gate
navigate.
|
Is hy nie net pragtig nie! |
In die Dome het ek heel lekker skoenlappers
verewig. Selfs A2 het hierdie keer saam
ingespring (nie dat hy skoenlappers afgeneem het nie, o , nee, hy het al die
ander goggo’s staan en afneem!). Hierdie
Dome het die mooiste, grootste skoenlappers in gehad, ‘n verskeidenheid ander
goggo’s en een paddatjie! Ek dink dat
die mense wat die Butterfly Dome konsep uitgedink het ‘n treffer beet het.
|
Skoenlapper in die Dome |
Terug op die teer pad opsoek na die Cape St
Lucia vuurtoring. Die kaart het vir ons
vals versekering gegee, volgens die kaart is dit al die pad teer. Toe nie so nie. Die aanduidings is ook nie so wat wonders
nie. Volgende wat ons sien is ons besig
om die Chev deur ‘n modderigie paadjie Mphalelane toe te stuur. Gelukkig het
‘n paar manne in ‘n 4x4 ons van voor af teë gekom en ons gewaarsku wat
voorlê. Hulle het ook toe die pad na die
vuurtoring geken en ons op die regte spoor geplaas.
|
Die modder paadjie |
|
A2 verwyder 'n boom uit die pad uit |
Op na die vuurtoring by Cape St Lucia was
daar gelukkig geen voorval nie.
Ongelukkig, daar gekom (na ‘n 2 uur grond pad gesukkel) is die hekke
teen ons gegrendel. Ons het so ‘n
bietjie te voet offroad om die heining probeer kom om die uitsig te sien. Dit was glad nie te suksesvol nie, maar dit
het gelukkig aandag getrek. Na ‘n
bietjie swaai van sy silwer tong het A2 ons agter die grendels en teen die
ligtoring uit gepraat. Die uitsig was
pragtig en ons sou nogal graag na die strand wou gaan.
|
Cape St Lucia se vuurtoring |
Teen die heuwel af, toe steek die arme Chev
vas, en hoe. Ons drie sit toe op ‘n
Sondag middag en grawe wiele uit. Die
middelman is so hoog gewees dat die onderkant van die kar vasgesteek het in die
sand. Dit is baie werk om sand van die
kante af onder ‘n kar uit te probeer kry!
Na so ‘n bietjie hulp is die Chev weer aan die beweeg en het ons die pad
gaan soek na Richardsbaai. Die pad wat
ons eindelik tot in die dorp gekry het was ‘n wonderlike teer pad, dit was net
nêrens op ‘n kaart nie. Dit het
natuurlik verskriklik baie stryery afgegee oor waar ons spesifiek is en of ons
regtig oppad is na Richardsbaai.
In Richardsbaai het ons ‘n pyl gesny vir
die strand sodat die sand wat opgedoen was afgewas kon word. Alkantstrand lyk baie aangenaam en ons sien
uit om môre so ‘n bietjie te gaan swem.
Ons het toe in die middel van nêrens gaan parkeer en begin bel vir
verblyf (want dis “awkward om net in te val en te vra” – A3). Dit het gemaak dat ons baie gemaklik in die
Protea Hotel se budget hotel slaap vannaand.
|
Ons by Alkantstrand ('n blouvlag strand) |
A1
PS. Vannaand het ek uiteindelik ‘n Guinness
in die hande gekry, wat ek nou al seker 2 weke na smag. ‘n Heerlike seekos
platter gehad by Jack’s on the Bay by die waterfront. Interessante feit,
Richardsbaai het 3 Protea hotelle. En dis sonder die budget een waar ons
vannaand slaap. – A2
My kar is vol sand, binne en buite –
orals! En ons het amper in ‘n slang in
vasgeloop terwyl ons gebundu bash het om die vuurtoring kompleks. En ek het nie my varkies verloor nie, gister
aand se magnum voorval was nie eers ek nie, fraudulent behaviour van A1… - A3