Die A span is terug!
Daar was avonture, verhale en Pienk Olifant jagte wat in die harte van die A span sal bly, maar nie gedeel is nie. Maar wat is 'n verhaal as hy nie vertel word nie? En so Val die A span terug in die blogging wêreld in met 'n verhaal van oudhede.
En nou, om almal se geheue te verfris: A1 is meestal die fotograaf en probeer baie hard om nie op fotos te verskein nie:
A2 is die een met al die random useless facts en die frons op meeste foto's (hierdie is die uitsondering):
En A3 is die sticky stuff wat positief bly en hierdie blog op die been gebring het:
Die avontuur wat ons gehad het was in Val, 'n klein dorpie in Mpumalanga. Die dorpie het aanvanklik om die spoorweg bestaan. Ongelukkig het dit tot 'n einde gekom en het die dorpie vervalle geraak, maar gelukkig was dit nie die einde nie. Treine is steeds besig in die dorpie (A2 'pose' saam met een van die menigte wat ons gesien het).
Die ou trein stasie is nie meer so vergete en vervalle nie en dien vandag as 'n Backpackers.
Die hotel tuine is 'n wonderlike vreedsame sig en een van die min plekke wat groen vertoon in die Hoëveld winter.
Die A span is gegroet deur 'n enkel teer pad wat doodloop in die polisistasie. Dit natuurlik eers nadat daar 'n hewige debat gevoer is oor of daar 'n pad is anders as die N17 wat by die R50 uitkom (A3, jy was reg). Na 2 ry stoppe, wat twee keer geneem is oor ons nie in die eerste plek deur hulle moes ry nie het die polisie stasie bordjie daar gestaan by die afdraai wat ons gemis het en ons darem gerus gestel dat Val nie heeltemal so onmoontlik is om te vind nie. Ons het 'n wonderlike tyd gehad terwyl ons die dorpie te voet verken het. Ongelukkig het die knapsekêrels ook 'n wonderlike tyd gehad! Die skoene oor die draad is natuurlik daar as herinnering aan die paartjies wat besluit het om hulle huwelik in die klein dorpie te sluit. Die kos wat genuttig is by die Moeggeploegkroeg was heerlik en die dag was 'n groot sukses (Sjoe, eindelik, duidelik is dit third time lucky!)
Die dorp behou steeds sy verband met die plase in die omgewing, baie netjies uitgebeeld deur die ou en nuwe graansuiers (silo's).
Ongelukkig is die waterval van Val nooit besoek nie, maar anders was dit 'n goeie dag.
A1 uit.
Kon ook nie by die time capsule uitkom wat deur Elizabeth Smith begrawe was onder een van die trein brug pilare nie - Volgende keer neem ons grawe saam!!
ReplyDelete