Sunday, February 19, 2017

Deur berge en dale...

Weereens, na 'n hele jaar van stilte maak die A-span darm 'n poging om terug te rapporteur.  Die jaar is dit van die voete van die sentrale Drakensberg af.


View van Berghaven af




Die naweek het maar baie laat begin (seker te verstane met hoe ver dit is).  Na 'n laat oggend is die omliggende omgewing verken.  Daarna was dit 'n crazy downhill op 'offroad' scooters.  Dit was nogal 'n heel interessante gevoel om teen so 'n spoed om haarnaald draaie en bruggies te gaan.  Gelukkig was daar toe geen ongevalle nie.



Dit het baie konsentrasie gekos...
...en somtyds moes die voet maar help stoot...

...maar die roete was mooi en dit was baie pret.

Dit gaan seker nou weer 'n hele jaar wees voordat ons weer gaan kommunikeer, maar dalk hou 2017 iets anders in.  As for 2018... Die A-span challenge is gestel: al die A-span lede 95 kg of minder teen 31 Desember 2017 (met klere) en dan sal die hele A-span uit 'n vliegtuig gaan spring (alhowel A1 steeds dink dis 'n crazy idee)....

Tot volgende keer
A1