Saturday, February 27, 2016

Ziplines and Swimming pools

And we're back...

Eintlik moes ons drie net nie so lui gewees het die afgelope paar jaar nie, ons het meer as genoeg gehad om oor te blog.

Die keer is ons na Buffelspoort om my verjaardag te vier ('n maand laat, maar dit was my skuld).  Na 'n interessante soektog na ons rondawel, het ons 'n lekker laat braai op die Vrydag gehad.
Saterdag was dit Canopy Tour tyd.  Daar was net nie veel van 'n canopy nie...  Alles is langs 'n kloof af gespan.  Dit was steeds great.


A3 flying high!
Yippee!
Is daai 'n smile op 'n foto A2?

 
Na die fun van die zipline het ons darem 'n draai by Buffelspoort se swembad gemaak, sowel as Buffelspoort se murderous supertube - nie een van ons het kans gesien vir 'n tweede probeerslag op die supertube nie.
En net oor ons die hele dag gevaarlike goed gedoen het en niks oorgekom het nie, het A2 die nood gevoel om die aand by die rondawel sy voet so goed te swik dat hy 'n week van gips gekry het.

Sondag was maar 'n stadige dag, met 'n meander deur Hartbeespoort en 'n middagdete in Johannesburg.

PS. A-Span, ons volgende trip moet 'n hoë plek insluit.  Dis 'n journal instruction - ek moet hom daar gaan afgooi.